NWU Institutional Repository

Versekeringsregtelike implikasies by die lugvervoer van goedere

dc.contributor.advisorStander, A.L.
dc.contributor.authorVan der Walt, Jakobus Christoffel
dc.contributor.researchID10190465 - Stander, Anita Leonie (Supervisor)
dc.date.accessioned2023-05-22T13:55:13Z
dc.date.available2023-05-22T13:55:13Z
dc.date.issued2002
dc.descriptionLLM (In- en Uitvoerreg), North-West University, Potchefstroom Campusen_US
dc.description.abstractVir die invoerder, uitvoerder of vervoerder van goedere is dit van kardinale belang om die goedere wat per lug vervoer word, te verseker. Die vervoer van die goedere per lug is en sal altyd riskant wees. Veral die Suid Afrikaanse invoerder of uitvoerder loop 'n groot risiko waar die goedere per lug vervoer word, want die vlugte moet oor Afrika beweeg en die politieke toestand in sekere Afrika-state is nie altyd stabiel nie. Juis om die rede moet die belanghebbendes seker maak dat die goedere wat op die hoe risiko roetes moet beweeg, verseker is. Die motivering vir die versekering van goedere wat per lug vervoer word strek egter ook verder as gekyk word na die intemasionale en munisipale wetgewing wat die versekering van goedere wat per lug vervoer word, verpligtend maak vir die lugvaartoperateur. Die verpligte versekering soos wat in die artikel bespreek is, is meestal nie voldoende om skadeloosstelling daar te stel nie en dus moet die invoerder of uitvoerder, welke een ookal die risiko dra ten tye van die vervoer van die goedere per lug, addisionele versekering uitneem om sodoende skadeloosstelling te bewerkstellig. In verband met die aanspreeklikheid van die lugvaarfoperateur ingevolge die Warskou Konvensie word aanbeveel dat die Suid Afrikaanse reg sal verryk deur 'n prosedure daar te stel wat gevolg moet word in die geval waar gedeelte van die bagasie van 'n passasier verlore geraak het. Artikel 26(2) van die Warskou Konvensie skryf die tydperk voor waarbinne die eienaar van die verlore bagasie die skade wat hy gely het moet aanmeld by die lugvaartoperateur. My aanbeveling is dat die lugvaartoperateur verplig moet word om, ten tye van die aanmelding deur die eienaar van die verlore bagasie, die oorblywende bagasie te weeg in die gevalle waar die skade aangemeld word voordat die persoon wat skade gely het die lughawe verlaat. In die gevalle waar die skade eers etlike dae later aangemeld word, moet die lugvaartoperateur maar die proses volg soos in Bland v British Airways uiteengesit is. Die verpligting op die lugvaartoperateur om die oorblywende goedere te weeg in die gevalle waar die skade nag by die lughawe aangemeld word, sal tot gevolg he dat daar groter sekerheid sal wees oor die werklik gelede skade. So 'n verpligting op die lugvaartoperateur sal dus in der waarheid die passasier en die lugvaartoperateur beskerm.en_US
dc.description.thesistypeMasters
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/41484
dc.language.isootheren_US
dc.publisherNorth-West University (South Africa).en_US
dc.titleVersekeringsregtelike implikasies by die lugvervoer van goedereen_US
dc.typeThesisen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Van der Walt_J.C..pdf
Size:
1.27 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.61 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description:

Collections