Versekeringsregtelike implikasies by die lugvervoer van goedere
Loading...
Date
Researcher ID
Supervisors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
North-West University (South Africa).
Record Identifier
Abstract
Vir die invoerder, uitvoerder of vervoerder van goedere is dit van kardinale belang om
die goedere wat per lug vervoer word, te verseker. Die vervoer van die goedere per lug is
en sal altyd riskant wees. Veral die Suid Afrikaanse invoerder of uitvoerder loop 'n groot
risiko waar die goedere per lug vervoer word, want die vlugte moet oor Afrika beweeg en
die politieke toestand in sekere Afrika-state is nie altyd stabiel nie. Juis om die rede moet
die belanghebbendes seker maak dat die goedere wat op die hoe risiko roetes moet
beweeg, verseker is. Die motivering vir die versekering van goedere wat per lug vervoer
word strek egter ook verder as gekyk word na die intemasionale en munisipale
wetgewing wat die versekering van goedere wat per lug vervoer word, verpligtend maak
vir die lugvaartoperateur. Die verpligte versekering soos wat in die artikel bespreek is, is
meestal nie voldoende om skadeloosstelling daar te stel nie en dus moet die invoerder of
uitvoerder, welke een ookal die risiko dra ten tye van die vervoer van die goedere per lug,
addisionele versekering uitneem om sodoende skadeloosstelling te bewerkstellig.
In verband met die aanspreeklikheid van die lugvaarfoperateur ingevolge die Warskou
Konvensie word aanbeveel dat die Suid Afrikaanse reg sal verryk deur 'n prosedure daar
te stel wat gevolg moet word in die geval waar gedeelte van die bagasie van 'n passasier
verlore geraak het. Artikel 26(2) van die Warskou Konvensie skryf die tydperk voor
waarbinne die eienaar van die verlore bagasie die skade wat hy gely het moet aanmeld by
die lugvaartoperateur. My aanbeveling is dat die lugvaartoperateur verplig moet word
om, ten tye van die aanmelding deur die eienaar van die verlore bagasie, die oorblywende
bagasie te weeg in die gevalle waar die skade aangemeld word voordat die persoon wat
skade gely het die lughawe verlaat. In die gevalle waar die skade eers etlike dae later
aangemeld word, moet die lugvaartoperateur maar die proses volg soos in Bland v British
Airways uiteengesit is. Die verpligting op die lugvaartoperateur om die oorblywende
goedere te weeg in die gevalle waar die skade nag by die lughawe aangemeld word, sal
tot gevolg he dat daar groter sekerheid sal wees oor die werklik gelede skade. So 'n
verpligting op die lugvaartoperateur sal dus in der waarheid die passasier en die
lugvaartoperateur beskerm.
Sustainable Development Goals
Description
LLM (In- en Uitvoerreg), North-West University, Potchefstroom Campus
