NWU Institutional Repository

Het ‘n eerste verbandhouer werklik ‘n “vry hand"-voorkeur ten opsigte van sy sekuriteit as vervreembare goed kragtens artikel 8(b) van die Insolvensiewet? Absa Bank Ltd V Collier 2015 4 Sa 364 (WCC)

dc.contributor.authorStander, A.L.
dc.contributor.authorKloppers, H.
dc.contributor.researchID10936386 - Kloppers, Hendrik Jacobus
dc.contributor.researchID10190465 - Stander, Anita Leonie
dc.date.accessioned2018-07-24T07:00:21Z
dc.date.available2018-07-24T07:00:21Z
dc.date.issued2017
dc.description.abstractMet 'n vlugtige lees van die opsomming van hierdie saak was die skrywers van mening dat die uitspraak nie juis noemenswaardig is nie, maar met nadere ondersoek het dit geblyk dat dit uiters belangrike kwessies aanroer. Dit wil veral voorkom of daar steeds 'n ongemaklikheid bestaan oor die interpretasie van "vervreembare goed" soos dit in art. 8(b) van die Insolvensiewet 24 van 1936 (hierna die Insolvensiewet) verstaan moet word, veral as dit met reël 46(1) en (5) van die Eenvormige Hofreëls saamgelees word. Artikel 8(b) bepaal dat 'n skuldenaar 'n daad van insolvensie begaan as 'n hof 'n vonnis teen hom gevel het en hy in gebreke bly om, op verlange van die beamptes belas met die tenuitvoerlegging van die vonnis, aan die vonnis te voldoen of om aan daardie beampte vervreembare goed aan te wys wat voldoende is om aan die vonnis te voldoen of as uit die relaas van daardie beampte blyk dat hy nie genoeg vervreemdbare goed gevind het nie om aan die vonnis te voldoen.
dc.identifier.citationStander, A.L. & Kloppers, H. 2017. Het ‘n eerste verbandhouer werklik ‘n “vry hand"-voorkeur ten opsigte van sy sekuriteit as vervreembare goed kragtens artikel 8(b) van die Insolvensiewet? Absa Bank Ltd V Collier 2015 4 Sa 364 (WCC). Journal for Juridical Science, 42(1):100-120. [https://dx.doi.org/10.18820/24150517/JJS42.v1.6]
dc.identifier.issn0258-252X
dc.identifier.urihttps://dx.doi.org/10.18820/24150517/JJS42.v1.6
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/28714
dc.language.isoother
dc.publisherUniversity of the Free State
dc.titleHet ‘n eerste verbandhouer werklik ‘n “vry hand"-voorkeur ten opsigte van sy sekuriteit as vervreembare goed kragtens artikel 8(b) van die Insolvensiewet? Absa Bank Ltd V Collier 2015 4 Sa 364 (WCC)
dc.typeArticle

Files

Collections