Het ‘n eerste verbandhouer werklik ‘n “vry hand"-voorkeur ten opsigte van sy sekuriteit as vervreembare goed kragtens artikel 8(b) van die Insolvensiewet? Absa Bank Ltd V Collier 2015 4 Sa 364 (WCC)
Loading...
Date
Authors
Stander, A.L.
Kloppers, H.
Supervisors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Record Identifier
Abstract
Met 'n vlugtige lees van die opsomming van hierdie saak was die skrywers van mening dat die uitspraak nie juis noemenswaardig is nie, maar met nadere ondersoek het dit geblyk dat dit uiters belangrike kwessies aanroer. Dit wil veral voorkom of daar steeds 'n ongemaklikheid bestaan oor die interpretasie van "vervreembare goed" soos dit in art. 8(b) van die Insolvensiewet 24 van 1936 (hierna die Insolvensiewet) verstaan moet word, veral as dit met reël 46(1) en (5) van die Eenvormige Hofreëls saamgelees word. Artikel 8(b) bepaal dat 'n skuldenaar 'n daad van insolvensie begaan as 'n hof 'n vonnis teen hom gevel het en hy in gebreke bly om, op verlange van die beamptes belas met die tenuitvoerlegging van die vonnis, aan die vonnis te voldoen of om aan daardie beampte vervreembare goed aan te wys wat voldoende is om aan die vonnis te voldoen of as uit die relaas van daardie beampte blyk dat hy nie genoeg vervreemdbare goed gevind het nie om aan die vonnis te voldoen.
Sustainable Development Goals
Description
Keywords
Citation
Stander, A.L. & Kloppers, H. 2017. Het ‘n eerste verbandhouer werklik ‘n “vry hand"-voorkeur ten opsigte van sy sekuriteit as vervreembare goed kragtens artikel 8(b) van die Insolvensiewet? Absa Bank Ltd V Collier 2015 4 Sa 364 (WCC). Journal for Juridical Science, 42(1):100-120. [https://dx.doi.org/10.18820/24150517/JJS42.v1.6]
