NWU Institutional Repository

Kuns en die verwerking van die verlede

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Swanepoel, Rita

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Department of Visual Arts: University of Pretoria

Abstract

Ten spyte van ʼn demokrasie van bykans twintig jaar sit Suid-Afrikaners steeds opgesaal met die komplekse nalatenskap van ʼn verlede gekenmerk deur rassespanning. Direk na die eerste demokratiese verkiesing in die land in 1994 was Suid-Afrikaners vir ʼn kort rukkie saamgesnoer in ʼn euforie van ʼn sogenaamde reënboognasie onder die vaandel van neo-patriotisme en die Afrika-renaissance. Sedert President Nelson Rolihlahla Mandela in 1999 die leisels aan Thabo Mbeki oorgegee het, is daar ʼn teleurstellende agteruitgang in rasseverhoudings. Om antwoorde te probeer kry op die vraag hoe en watter rol kuns kan speel om met die verlede vrede te maak, interpreteer ek twee werke van Willem Boshoff, naamlik Panifice (2001) en Writing in the Sand (2000). Die teoretiese raamwerk vir hierdie artikel vind aansluiting by Paul Ricoeur se voorstelle vir ʼn nuwe kyk op geskiedenis deur ʼn verbeeldingryke omgang daarmee. Daar word ook aangesluit by Giorgi Verbeeck se insigte ten opsigte van ʼn terugkyk op die verlede vanuit ʼn eietydse perspektief en omgewing.

Description

Citation

Swanepoel, R. 2013. Kuns en die verwerking van die verlede. Image and text. 22:76-95. [http://www.imageandtext.up.ac.za/]

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By