Acquisition of ownership inside virtual worlds
Loading...
Date
Authors
Erlank, Wian
Researcher ID
Supervisors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Pretoria University Law Press (PULP)
Record Identifier
Abstract
Die artikel het ten doel om as kort inleiding te dien tot die manier waarop
eiendom binne in 'n virtuele wêreld verkry kan word. Die Suid-Afrikaanse
sakereg word as agtergrond gebruik om die nuwe veld van virtuele
goederereg te bespreek en binne in die konteks van die reg in die regte
wêreld te plaas. Ondersoek word ingestel om te bepaal of daar
ooreenkomste is tussen die oordrag van eiendom in die regte en die
virtuele wêrelde. In sommige gevalle blyk dit te wees dat eiendomsregte
afgelei word deur middel van standaard kontraktuele bedinge wat deur die
ontwikkelaar van 'n virtuele wêreld bepaal word. Soms is hierdie bloot
gebruiksregte, maar in ander gevalle, en spesifiek binne-in virtuele
wêrelde wat die regte wêreld simuleer, kan gebruikers eienaarskap verkry
van hul virtuele goedere. Vanuit die voorbeelde is dit duidelik dat daar
sterk ooreenkomste tussen eiendom in die regte en virtuele wêrelde is.
Eiendom kan onder andere deur beide oorspronklike sowel as afgeleide
wyses verkry kan word in die virtuele wêreld en eiendomsreg in 'n virtuele
item kan onder andere gesedeer, verkoop of ge-erf word of selfs verlore
gaan in 'n insolvente boedel.
Sustainable Development Goals
Description
Keywords
Citation
Erlank, W. 2013. Acquisition of ownership inside virtual worlds. De Jure. 46(3):770-782. [http://www.dejure.up.ac.za/index.php/volumes]
