NWU Institutional Repository

n Ondersoek na die Senotaaf by die Voortrekkermonument, Pretoria

Loading...
Thumbnail Image

Date

Researcher ID

Supervisors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

South African Journal of Cultural History

Record Identifier

Abstract

Die Voortrekkermonument in Pretoria het die laaste aantal jare onder ernstige waterdigtingsprobleme deurgeloop. Tydens die ondersoek hierna is bevind dat hierdie kwessie eintlik al vir etlike jare bestaan en dat daar verskeie pogings oor 'n periode van sowat 60 jaar aangewend is om dit op te los. Die jongste ondersoek dui daarop dat die omvang van die probleem van so 'n aard is dat daar omvattend hierna gekyk moet word. Gevolglik word alle openinge in die monument ondersoek. Een hiervan is die senotaaf onder in die monument. Dit het die geleentheid geskep om ook ondersoek in te stel na gerugte dat dit eintlik'n sarkofaag is en dat dit 'n tydskapsule met belangrike dokumente of tydgenootlikeinligting uit die periode bevat toe die monument opgerig is,. Die oopmaak van diesenotaaf sou dus die geleentheid bied om ook hierdie sake te ondersoek. Vanweë die sensitiewe aard van die ondersoek, is eerstens historiese inligtingomtrent die senotaaf ingesamel. Voorts is besluit om die fisiese oopmaak van diesenotaaf soos 'n argeologiese opgrawing te hanteer ten einde seker te maak dat dieproses goed gedokumenteer word, met dien verstande dat fisiese opgrawingswerkheel waarskynlik onnodig sou wees. Die artikel fokus op die studie en dieeffens verrassende bevindinge van die ondersoek. 'n Moontlike verklaring virteenstrydighede wat tydens die navorsing gevind is, word ook aan die hand gedoen

Sustainable Development Goals

Description

Journal Article. Noth-West University

Citation

van Vollenhoven, A.C. 2024. ’n Ondersoek na die senotaaf by die Voortrekkermonument, Pretoria. 38(2.1):105-126. https://doi.org/10.54272/sach.2024.v38n2.1a6

Collections

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By