Akademiese diskoers en die skep van ’n akademiese ruimte as voedingsbodem in Marius Crous se digbundel Vol draadwerk
Loading...
Date
Authors
Taljard, Marlies
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Die meeste resensies oor Marius Crous se bundel Vol draadwerk wys op die duidelike
teenwoordigheid van ’n akademiese diskoers. Die doel van hierdie artikel is om deur middel
van enkele teksontledings te probeer aantoon hoe die teenwoordigheid van ’n akademiese
diskoers die bundel verryk. Konvensionele literêre teorieë, asook teorieë van toegepaste
linguistiek vorm die grondslag van die navorsing. Eerstens val die fokus op sogenaamde
kenmerke van akademiese taal. Vervolgens word aandag geskenk aan metadiskoers en die
konstruksie van ’n akademiese skryweridentiteit, die skryf vir ’n bepaalde teikengehoor en
enkele aspekte van argumentkonstruksie, soos die grootte en die aard van die denksprong.
Daar word aangetoon dat hoewel die gedigte eerstens binne die poëtiese genre val, Crous se
werk ook sterk by tekste vanuit die akademiesediskoersgemeenskap aansluit..
Description
Citation
Taljard, M. 2015. Akademiese diskoers en die skep van ’n akademiese ruimte as voedingsbodem in Marius Crous se digbundel Vol draadwerk. Litnet Akademies, 12(1):68–88. [https://journals.co.za/content/litnet/12/1/EJC172671]