Napraatswartafrikaans: konteks en persepies van die alternatiewe gebruik van Swartafrikaans
Loading...
Date
Authors
Maritz, Ansie
Olivier, Jako
Researcher ID
Supervisors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Record Identifier
Abstract
Napraatswartafrikaans word gebruik wanneer Afrikaansmoedertaalsprekers Swartafrikaans namaak en onder mekaar gebruik. Hierteenoor staan die oorspronklike ontstaansvorm en -funksie van Swartafrikaans, naamlik om as 'n ondersteuningstaal tussen 'n Afrikataalmoedertaalspreker en 'n Afrikaansmoedertaalspreker gebruik te word. Die konteks van en die persepsies rondom Napraatswartafrikaans is nog nie in die reeds bestaande literatuur beskryf nie. In hierdie ondersoek word bogenoemde elemente vanuit die gegronde teorie ondersoek. Hierdie kwalitatiewe ondersoek is uitgevoer met behulp van vraelyste, 'n fokusgroeponderhoud en e-pos-onderhoude. Na afloop van die ondersoek is onder meer die volgende bevind: die kontekstuele elemente kan in afdelings van 'n makro- en 'n mikrokonteks verdeel word. Die makrokonteks, in hierdie geval grootliks die sosiohistoriese agtergrond van Suid-Afrika, be'nvloed die persepsies wat sprekers rondom Swartafrikaans en daarom ook dikwels Napraatswartafrikaans het. Elemente van die mikrokonteks, waarin 'n spreker Napraatswartafrikaans gebruik, word op hulle beurt weer deur hi'rdie persepsies geaffekteer. Die studie lewer 'n belangrike bydrae tot bewusmaking van die sensitiwiteit wat rondom soortgelyke vari'teite kan bestaan en dat sprekers dit tydens kommunikasie in gedagte moet hou.
Sustainable Development Goals
Description
Citation
Maritz, A. & Olivier, J. 2016. Napraatswartafrikaans: konteks en persepies van die alternatiewe gebruik van Swartafrikaans. Litnet Akademies, 13(3):381-423. [http://www.litnet.co.za/napraatswartafrikaans-konteks-en-persepsies-van-die-alternatiewe-gebruik-van-swartafrikaans/]
