NWU Institutional Repository

Die verband tussen die leierskapsfilosofie en motiveringsrol van die skoolhoof

dc.contributor.advisorMentz, P.J.en_US
dc.contributor.advisorVan Jaarsveld, M.C.en_US
dc.contributor.authorSwart, G.J.en_US
dc.contributor.researchID10064818 - Mentz, Paulus Jacobus (Supervisor)en_US
dc.contributor.researchID21171890 - Van Jaarsveld, Magdalena Christina (Supervisor)en_US
dc.date.accessioned2021-10-04T11:07:56Z
dc.date.available2021-10-04T11:07:56Z
dc.date.issued2021en_US
dc.descriptionPhD (Onderwysbestuur), North-West University, Potchefstroom Campus
dc.description.abstractDie proefskrif fokus op die verband tussen die leierskapsfilosofie en motiveringsrol van die skoolhoof. Tot hierdie tema staan die navorsingsdoelstellling, naamlik om ʼn instrument in die hand van skoolhoofde te plaas, bestaande uit ʼn leierskapsfilosofie wat geïnkorporeer kan word in die motiveringsrol van die skoolhoof. Hoofstuk 2 verlig kompleksiteitsteorie en kompleksiteitsleierskap binne die konteks van die skool as organisasie. Kompleksiteitsbenadering verteenwoordig die transformering van konserwatiewe wette na ʼn oop en hoogs dinamiese stelsel. Kompleksiteit is die brug tussen modernisme aan die een kant en postmodernisme aan die ander kant. Kompleksiteit veroorsaak beweging en dit is juis hierdie beweging van kompleksiteit wat ʼn dinamisering van leierskap na vore laat kom en dit in aksie laat oorgaan. Daar word skerp gefokus op kompleksiteitsleierskap. Hoofstuk 3 hou hom besig met die aard van leierskapsfilosofieë binne die konteks van skoolleierskap. Die tradisionele leierskapsfilosofieë van Taylor, Fayol, Gulick en Urwick en Weber is bespreek, sowel as die moderne algemene leierskapsfilosofieë van Smuts, Ubuntu en Frankl. Hoofstuk 4 kondig die motiveringsteorieë wat deur die hoof gebruik kan word aan, naamlik die van Allport (1940); Maslow (1954); Herzberg (1959); McGregor Teorie X en Y-teorie (1960); Vroom (1964); Van Peursen (1970); Hersey en Blanchard (1982) en Fazio. Hoofstuk 5 en 6 is die empiriese ondersoek, sowel as die analisering van die data. Hoofstuk 7 rol ʼn nuwe model uit. In hoofstuk 8 word die navorsingsvrae beantwoord en die nodige bevindings en aanbevelings word gelewer. Daar is ʼn besliste verband tussen die leierskapsfilosofie en motiveringsrol van die hoof.
dc.description.thesistypeDoctoralen_US
dc.identifier.urihttps://orcid.org/0000-0001-5744-4962en_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/37560
dc.language.isootheren_US
dc.publisherNorth-West University (South Africa)en_US
dc.subjectKompleksiteitswetenskap
dc.subjectkompleksiteitsteorie
dc.subjectkompleksiteitsleierskap
dc.subjectkompleksiteit
dc.subjectkomplekse stelsels
dc.subjectUbuntu
dc.subjectLogo
dc.subjectHolisme
dc.subjectleierskapsfilosofieë
dc.subjectmotivering
dc.subjectmotiveringsrol
dc.subjectleierskapsrol
dc.subjectskoolhoof
dc.subjectkonseptuele model
dc.subjectvisie
dc.subjectmodel
dc.subjectverband
dc.titleDie verband tussen die leierskapsfilosofie en motiveringsrol van die skoolhoofen_US
dc.typeThesisen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Swart_GJ.pdf
Size:
7.13 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:

Collections