NWU Institutional Repository

Die verband tussen die leierskapsfilosofie en motiveringsrol van die skoolhoof

Loading...
Thumbnail Image

Date

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

North-West University (South Africa)

Record Identifier

Abstract

Die proefskrif fokus op die verband tussen die leierskapsfilosofie en motiveringsrol van die skoolhoof. Tot hierdie tema staan die navorsingsdoelstellling, naamlik om ʼn instrument in die hand van skoolhoofde te plaas, bestaande uit ʼn leierskapsfilosofie wat geïnkorporeer kan word in die motiveringsrol van die skoolhoof. Hoofstuk 2 verlig kompleksiteitsteorie en kompleksiteitsleierskap binne die konteks van die skool as organisasie. Kompleksiteitsbenadering verteenwoordig die transformering van konserwatiewe wette na ʼn oop en hoogs dinamiese stelsel. Kompleksiteit is die brug tussen modernisme aan die een kant en postmodernisme aan die ander kant. Kompleksiteit veroorsaak beweging en dit is juis hierdie beweging van kompleksiteit wat ʼn dinamisering van leierskap na vore laat kom en dit in aksie laat oorgaan. Daar word skerp gefokus op kompleksiteitsleierskap. Hoofstuk 3 hou hom besig met die aard van leierskapsfilosofieë binne die konteks van skoolleierskap. Die tradisionele leierskapsfilosofieë van Taylor, Fayol, Gulick en Urwick en Weber is bespreek, sowel as die moderne algemene leierskapsfilosofieë van Smuts, Ubuntu en Frankl. Hoofstuk 4 kondig die motiveringsteorieë wat deur die hoof gebruik kan word aan, naamlik die van Allport (1940); Maslow (1954); Herzberg (1959); McGregor Teorie X en Y-teorie (1960); Vroom (1964); Van Peursen (1970); Hersey en Blanchard (1982) en Fazio. Hoofstuk 5 en 6 is die empiriese ondersoek, sowel as die analisering van die data. Hoofstuk 7 rol ʼn nuwe model uit. In hoofstuk 8 word die navorsingsvrae beantwoord en die nodige bevindings en aanbevelings word gelewer. Daar is ʼn besliste verband tussen die leierskapsfilosofie en motiveringsrol van die hoof.

Sustainable Development Goals

Description

PhD (Onderwysbestuur), North-West University, Potchefstroom Campus

Citation

Collections

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By