Onderwysstudente en -dosente se ervarings van die effektiwiteit van Liggaamlike Opvoeding onderwysersopleiding in afstandsonderrigmodus
| dc.contributor.advisor | Du Toit, Dorita | en_US |
| dc.contributor.advisor | Van der Merwe, Nico | en_US |
| dc.contributor.author | Kruger, A. | en_US |
| dc.contributor.researchID | 10088253 - Du Toit, Dorita (Supervisor) | en_US |
| dc.contributor.researchID | 12923028 - Van der Merwe, Nico (Supervisor) | en_US |
| dc.date.accessioned | 2021-10-04T11:07:49Z | |
| dc.date.available | 2021-10-04T11:07:49Z | |
| dc.date.issued | 2021 | en_US |
| dc.description | MEd (Liggaamlike Opvoeding), North-West University, Potchefstroom Campus | |
| dc.description.abstract | Afstandsonderrig is 'n modus van onderrig wat aan studente wat weens 'n tekort aan tyd, toegang of finansiële vermoëns nie in staat is om voltyds by 'n universiteit in te skryf nie, die geleentheid bied om in hulle eie omgewing en teen hulle eie pas te studeer. Afstandsonderrigkursusse en - programme het, ook in Suid-Afrika, so uitgebrei oor die jare heen dat 'n wye verskeidenheid kursusse aangebied word, insluitend onderwysersopleiding. Die literatuur toon dat daar 'n tekort aan opgeleide Liggaamlike Opvoeding-onderwysers in Suid-Afrika is, wat dus deur hierdie modus van opleiding aangespreek kan word. Hoewel enkele Suid-Afrikaanse universiteite Liggaamlike Opvoeding in afstandsonderrigmodus aanbied, is dit meestal net as 'n gedeelte van 'n module, en staar hulle die uitdagings van die opleiding in die praktiese komponente van die vak, in die gesig. Die doel van hierdie studie was daarom om onderwysstudente en -dosente se positiewe en negatiewe ervarings van die effektiwiteit van Liggaamlike Opvoeding onderwysersopleiding in afstandsonderrigmodus, te ondersoek. Dié kwalitatiewe studie is begrond in Moore (1983, 1989, 2013) se Teorie van Transaksionele Afstand (TTA), wat postuleer dat struktuur (die kursus se samestelling en inhoud), dialoog (die interaksie tussen "leerder-leerder", "leerder-inhoud" en "leerder-instuktreur") en outonomie (die onafhanklikheid van die studente ten opsigte van hul studies) die transaksionele afstand, dus die ervaring van die psigologiese, kognitiewe en affektiewe afstand tussen die student en die dosent kan vergroot of verklein. Die data-insameling het semi-gestruktureerde, individuele onderhoude met vier dosente en oop-einde vraelyste met 17 studente in 'n Liggaamlike Opvoedingafstandsonderrigmodule, behels. Die vyf temas wat uit die data-analise na vore gekom het, is: interaksie tussen studente en dosente; bekwaamheid, passie en entoesiasme om Liggaamlike Opvoeding te onderrig; hindernisse met betrekking tot Liggaamlike Opvoeding in afstandsonderrig; ervarings met betrekking tot die praktiese opleiding in Liggaamlike Opvoeding; en die inhoud van die Liggaamlike Opvoedingprogram en studente se persepsies van Liggaamlike Opvoeding. Met betrekking tot die eerste tema, het die studente die dosente beleef as professioneel, beskikbaar en sorgsaam, wat bygedra het tot die positiewe interaksie tussen studente en dosente. Negatiewe ervarings van studente het ingesluit dat daar geen fisieke kontak was tussen die student en dosent nie. Wat die tweede tema betref, het dit geblyk dat die dosente se passie vir Liggaamlike Opvoeding studente gemotiveer het om ook met entoesiasme die vak aan leerders te onderrig. Die studente se bekwaamheid en selfvertroue het ook toegeneem soos hul met die module gevorder het. Die hindernisse wat met betrekking tot Liggaamlike Opvoeding in afstandsonderrigmodus deur die studente en dosente ervaar is, was eerstens die studente se agtergrondkennis, tegnologiese ongeletterdheid en beperkte internettoegang, en tweedens tekorte in die administrasie van opdragte. Hierdie hindernisse blyk dus die vlakke van transaksionele afstand en interaksie tussen die dosente en studente verswak het, aangesien dit, volgens die TTA, die outonomie- en struktuurkomponente negatief beïnvloed het. Die tema van ervarings met betrekking tot die praktiese opleiding in Liggaamlike Opvoeding, het behels dat die deelnemers die gebruik van video's grootliks positief ervaar het, hoewel hulle ook nadele daarvan aangetoon het. Sommige studente het dit ook negatief ervaar dat daar soms 'n lang tydperk tussen die indiening van 'n opdrag en die terugvoer daarop vanaf die dosent af, was. Die laaste tema, naamlik die Liggaamlike Opvoedingprogram se invloed op deelnemers se persepsies van Liggaamlike Opvoeding, het ingesluit dat die studente die inhoud van die Liggaamlike Opvoedingkursus as positief beleef het omdat dit vir hulle so interessant was. Die bewustheid van die waarde van Liggaamlike Opvoeding vir die holistiese ontwikkeling van leerders, het ook die studente gemotiveer om in die kursus te presteer. Die aspekte van Liggaamlike Opvoeding-onderwysersopleiding in afstandsonderrigmodus wat deur onderwysstudente en -dosente as effektief en positief ervaar is, was dus die professionaliteit en beskikbaarheid van die dosente asook hulle bekwaamheid en passie in die aanbieding van Liggaamlike Opvoeding; die studente se toenemende bekwaamheid soos wat die opleidingprogram gevorder het en hulle entoesiasme om Liggaamlike Opvoeding vir leerders aan te bied; die gebruik van video's in die praktiese opleidingskomponent en die inhoud van die Liggaamlike Opvoedingprogram in die bevordering van die studente se persepsies van die vak. Deur die lens van die TTA was die "dialoog" (in hierdie geval die interaksie tussen dosente en studente, en tussen studente en die studiemateriaal) dus konstruktief en bevorderend tot die studente se vlakke van outonomie, en kon dit die transaksionele afstand verklein. Die studente se ervarings van die bekwaamheid van die dosente en die effektiwiteit van die video's, vorm deel van die "struktuur"-komponent van die TTA waardeur die studente ervaar het dat hulle kennis, bekwaamheid, selfvertroue en entoesiasme verhoog het. | |
| dc.description.thesistype | Masters | en_US |
| dc.identifier.uri | https://orcid.org/0000-0001-9633-0175 | en_US |
| dc.identifier.uri | http://hdl.handle.net/10394/37547 | |
| dc.language.iso | other | en_US |
| dc.publisher | North-West University (South Africa) | en_US |
| dc.subject | Liggaamlike Opvoeding | |
| dc.subject | afstandsonderrig | |
| dc.subject | dosente | |
| dc.subject | studente | |
| dc.subject | ervarings | |
| dc.subject | Teorie van Transaksionele Afstand | |
| dc.title | Onderwysstudente en -dosente se ervarings van die effektiwiteit van Liggaamlike Opvoeding onderwysersopleiding in afstandsonderrigmodus | en_US |
| dc.type | Thesis | en_US |
Files
Original bundle
1 - 1 of 1
Loading...
- Name:
- Kruger_A.pdf
- Size:
- 2.14 MB
- Format:
- Adobe Portable Document Format
- Description:
