NWU Institutional Repository

Werkgewer-werknemerverhoudinge in die bedryf met spesiale verwysing na kollektiewe bedinging as instrument van die vakbond om sy doelstellings te bereik

Loading...
Thumbnail Image

Date

Researcher ID

Supervisors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

North-West University (South Africa)

Record Identifier

Abstract

Werkgewer-werknemerverhoudinge het die fokuspunt van hedendaagse wetenskaplike bestuursbenadering geword. In besonder in die toepassing van die gedragwetenskappe deur bestuur. In die lig van bogenoemde is dit dan ook die doel van hierdie studie om 'n ontleding te doen van: (1) die historiese agtergrond en ontwikkeling van kollektiewe bedinging; (2) die interaksie van kollektiewe bedinging in die omgewing waarin dit plaasvind. TERREINAFBAKENING - Ten einde 'n begrip te vorm van die proses van kollektiewe bedinging as instrument van die vakbond om in die werkgewerwerknemerverhoudinge sy doelstellings te verwesenlik, is dit nodig om die volgende te bespreek: (1) Die ontwikkeling van die werkgewer-werknemerverhoudinge. (2) Die interaksie van die elemente van kollektiewP. bedinging en die invloed van omgewingsfaktore op die proses van kollektiewe bedinging in laasgenoemde geval hoofsaaklik die invloed van arbeidswetgewing daarop. (3) Die aard van kollektiewe bedinging prinsipieel en analities. 'n Hoofstuk word dan aan elk van die onderwerpe gewy. METODE VAN STUDIE - Die inligting in hierdie skripsie is hoofsaaklik uit die bestaande literatuur verkry. Die skrywer maak hoegenaamd nie daarop aanspraak dat hierdie studie omvattend is in die sin dat alle beskikbare literatuur oor die onderwerp geraadpleeg is nie. Menings deur skrywer hierin opgeneem is sy eie; hulle is slegs spekulatief van aard en is nie eksperimenteel getoets nie. SLOTGEDAGTE - Hierdie skripsie is bedoel as 'n prikkeling tot groter belangstelling in een van die belangrikste verskynsels van ons tyd, naamlik die georganiseerde vakbondbeweging en sy invloed op die hedendaagse gemeenskap.

Sustainable Development Goals

Description

MBA, North-West University, Potchefstroom Campus

Keywords

Citation

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By