Die Christelike filosofie van D.H.Th. Vollenhoven (1892-1978): hoe dit ontstaan en verder ontwikkel het
Loading...
Date
Authors
Van der Walt, Barend J.
Researcher ID
Supervisors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
OASIS
Record Identifier
Abstract
Hierdie artikel is die eerste in 'n reeks van drie wat handel oor die ontstaan van 'n reformatories-
Christelike filosofie by D.H.Th. Vollenhoven (1892-1978), H. Dooyeweerd (1894-1977) van
Nederland en H.G. Stoker (1899-1993) van Suid-Afrika. As algemene inleiding tot die trilogie
word die vraag bespreek hoe hierdie filosofie vandag - 75 jaar na sy ontstaan - nog lewend
en relevant kan wees. In hierdie eerste artikel, wat op die bydrae van Vollenhoven gefokus is,
word die volgende behandel: (1) Ter inleiding word kortliks inligting oor sy persoonlikheid
vermeld. (2) Aangesien veral kenteoretiese probleme in die brandpunt van belangstelling
gestaan het ten tye van die geboorte van die reformatoriese filosofie aan die begin van
die vorige eeu, volg 'n kort oorsig van hierdie wysgerige landskap. (3) Daarna word die
moontlike invloede op Vollenhoven se denke van sowel buite (die sekulêre filosofiese milieu
van sy tyd) as van binne (sy geesgenootlike tradisie) bespreek. (4) Die volgende hoofgedeelte
vestig die aandag op Vollenhoven se pionierswerk vir sowel die die sistematiese filosofie as
die filosofiese historiografie. (5) Dit word gevolg met 'n gedeelte oor hoedanig die nalatenskap
van die driemanskap (Vollenhoven, Dooyeweerd en Stoker) deur daaropvolgende generasies
ontvang is en hoe die reformatories-filosofiese tradisie verdeeld geraak het in die navolging
van Vollenhoven, Dooyeweerd en Stoker. (6) Die verkenning word afgesluit met 'n aanduiding
van die noue verbintenis tussen Vollenhoven (sy persoon asook sy filosofie) en Suid-Afrika en
in die besonder Potchefstroom.
Sustainable Development Goals
Description
Keywords
Citation
Van der Walt, B.J. 2013. Die Christelike filosofie van D.H.Th. Vollenhoven (1892-1978): hoe dit ontstaan en verder ontwikkel het. In die Skriflig, 47(1):1-13. [http://www.inluceverbi.org.za/index.php/skriflig]
