NWU Institutional Repository

Literêre vergestalting en resepsie van die vrouepersonasies in die betrokke romans van André P. Brink

Loading...
Thumbnail Image

Date

Researcher ID

Supervisors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Record Identifier

Abstract

Hierdie studie het bevind dat ' n resepsie-estetiese ondersoek ' n sinvolle afronding by 'n teksanalise is. Dit verifieer sekere hipoteses wat in die loop van die teksanalise deur die navorser gemaak word, op wetenskaplike wyse. Sonder hierdie ondersoek sou sodanige hipoteses bloot in die lug bly hang het. Die navorser sou in die eerste plek nie kon bewys dat dit wel so is dat die gewone (nalewe) leser die moderne kuns en spesifiek Brink se kuns anders mag verstaan en beoordeel as die wetenskaplike leser nie. 'n Probleemarea wat opgespoor is, is die feit dat wetenskaplike lesers wat deeglik onderlê is in die moderne Afrikaanse prosa, verskil in hul opinies omtrent Brink se werke veral waar dit gaan om subjektiewe sake soos lewens- en godsdiensbeskouing. Hier kom die objektiwiteitsideaal in gedrang met die resepsie-estetika wat juis baie van sy bevindings bou random subjektiwiteit by die leser. Nag 'n interessante bevinding in hierdie opsig is die feit dat 20% van die wetenskaplike groep wel Brink se romans as pornografie beskou terwyl dieselfde groep dit 100% eens is dat Brink se werke literatuur is. Dat die gewone leser Brink se romans meer toeganklik as ander moderne Afrikaanse skrywers se werke vind, is nag 'n saak wat aan die lig gekom het sowel as die feit dat Brink in hierdie studiepopulasie die mod Afrikaanse prosais is met die grootste leserskring. Opmerklik is dit dat daar geen uitsluitsel gegee kon word oor die vraag of Brink die mees omstrede Afrikaanse skrywer is nie. Waar die vraelys gehandel het oor die gebiede waarop besware teen Brink se werke lê, blyk dit uit die bevinding dat die grootste persentasie van die valle studiepopulasie nie besware teen Brink se werke het nie. Van die besware wat daar wel was, is 'lae morele standaarde' die grootste. Wat die vrouepersonasies aanbetref, sien meer as driekwart van die volle studiepopulasie in dat Brink sy vroue draers maak van besondere idees. Die nalewe leser kan glad nie met Brink se vrouepersonasies identifisieer nie en reken dat die auteur 'n besondere lae dunk van die vrou en die huwelik het. Die nalewe lesers keer ook die ongeoorloofde verhoudings af. Die grootste persentasie van die wetenskaplike en meer wetenskaplike groepe kan wel met hul identifiseer. Dit word toegeskryf aan die feit dat laasgenoemde twee groepe op hoogte is met die eksterne konteks van waaruit die skrywer sy werke aanbied. 'n Verdere oorsaak mag wees dat die nalewe leser die vroue as werklike mense ervaar en nie as romanpersonasies nie. Die feit dat die vraelys nie ontwikkeling by Elisabeth in Oomblik en Hester in Houd-den-bek uitwys nie, word toegeskryf daaraan dat die lesers nie beskik het oor ondersoekerstoerusting nie. Ten slotte handhaaf die studie die standpunt dat 'n resepsieondersoek nuttig aangewend kan word by 'n teksanalise om somnige van die bewerings wat die navorser in die analise maak, wetenskaplik te staaf.

Sustainable Development Goals

Description

Thesis (MA)--PU vir CHO, 1984

Keywords

Citation

Collections

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By