NWU Institutional Repository

Aspekte van ’n meerdoelige Afrikaanse uitspraakwoordeboek

dc.contributor.advisorvan Huyssteen, GB
dc.contributor.authorLeyden, M
dc.date.accessioned2026-07-21T07:40:54Z
dc.date.issued2026-05
dc.descriptionThesis (PhD (General Language and Literary Studies))--North-West University, Potchefstroom, 2026.
dc.description.abstractDie hoofdoelwit van hierdie studie was om die relevante aspekte van 'n meerdoelige Afrikaanse uitspraakwoordeboek te ondersoek. Meer spesifiek is daar gepoog om 'n empiriese en konseptuele grondslag vir 'n meerdoelige Afrikaanse uitspraakwoordeboek, wat geskik is vir hedendaagse taaltegnologie en Suid Afrikaanse uitsaaikontekste te bied. Die gebrek aan 'n empiriese en konseptuele grondslag gebaseer op die leemtes van (i) die afwesigheid van 'n resente, eindgebruikersgerigte uitspraakbron vir Afrikaans; (ii) die gebrek aan sistematiese kennis oor hoe Afrikaanssprekende mediapraktisyns eiename en leenwoorde uit nie-Germaanse tale uitspreek; en (iii) die afwesigheid van navorsing oor Afrikaanssprekendes se houdings teenoor die algemene Afrikaanse mediauitspraak van 'n spesiale leksikon bestaande uit eiename en leenwoorde uit vreemde tale. Die enigste omvattende Afrikaanse uitspraakwoordeboek, Le Roux en Pienaar (1976), weerspieël nie meer die huidige taalkundige en sosiale realiteite nie, bied minimale leiding oor eiename en leenwoorde van vreemde herkoms, en is nie geskik vir digitale of tegnologiese toepassings nie. Terselfdertyd skep die groei van spraakgedrewe tegnologie 'n dringende behoefte aan gesaghebbende, toeganklike en masjienversoenbare uitspraakbronne vir Afrikaans. Die studie maak gebruik van gemengde metodologie. Hoofstuk 2 bevat 'n uitgebreide behoeftebepaling wat 'n elektroniese vraelys en semigestruktureerde onderhoude met 28 omroepers insluit. Respondente toon oorweldigend dat hulle bykans sonder uitsondering 'n behoefte aan uitspraakleiding vir die inheemse tale, spesifiek dié met klapklanke het. Die behoefte aan uitheemse tale word veral gerig op nuusgebeure van 'n sekere tydstip. Die ondeursigtige ortografie van tale soos Chinees en Frans skep ook 'n behoefte aan uitspraakleiding. Klanklêers en Afrikaans-gebaseerde herspelling is die voorkeurmodaliteite. Die Internasionale Fonetiese Alfabet (IFA) is nie gewild onder omroepers nie, omdat die meeste respondente nie noodwendig tersiêre opleiding in taalkunde of fonetiek het nie. 'n Mobiele of webgebaseerde bron word oorwegend verkies, aangesien omroepers vinnige toegang tot inligting benodig. Respondente versoek sowel Afrikaans-verafrikaanste (T1) as brontaalgetroue (T3) uitsprake. Die bevindinge toon duidelik dat daar 'n behoefte is aan betroubare uitspraakleiding vir sekere tale. Hoofstuk 3 rapporteer oor eksperiment 1, wat ondersoek het hoe 32 omroepers wat by die Afrikaanse media betrokke is Zoeloe-, Spaanse en Mandarynse items uitgespreek het terwyl hulle 'n fiktiewe nuusberig lees. Die analise van die uitsprake toon dat daar nie 'n enkelvoudige, "algemene Afrikaanse mediauitspraak" bestaan nie en dat uitspraakstrategieë gebaseer word op twee- en meertaligheid, ortografie, fonotaktiese beperkings en tydsdruk. Hoofstuk 4 bespreek eksperiment 2, 'n grootskaalse houdingstudie met meer as 200 deelnemers wat opnames van 'n stemkunstenaar se T1-, T2- en T3-uitspraak beoordeel het. Respondente kon die verskille betroubaar waarneem en het meestal T1-uitsprake vir hoëfrekwensiewoorde verkies. T3 was die voorkeur vir laefrekwensiewoorde. Die belangrikste rede vir die voorkeuruitspraak is "bekwaam en professioneel". Respondente het die grootste afkeur van 'n T2-uitspraak, spesifiek 'n Amerikaanse Engelse aksent getoon. Die belangrikste rede vir respondente se T2-afkeur was "onnatuurlik en pretensieus". Die bevindinge van albei eksperimente bevestig dat 'n Afrikaanse uitspraakwoordeboek veelvuldige variante, duidelike herspelling en klankmodelle moet bied. Die proefskrif beveel 'n mobiele, multimodale en funksiegerigte woordeboek aan met 'n hibriede deskriptief-preskriptiewe benadering, en met prioriteit aan hoëfrekwensie-eiename en leenwoorde van inheemse tale. In geheel verskaf die proefskrif die eerste omvattende empiriese basis vir die ontwikkeling van 'n moderne Afrikaanse uitspraakwoordeboek wat taalkundig verantwoord, tegnologies toepaslik en gebruikersgerig is.
dc.description.sponsorshipSouth African Academy for Science and Arts.
dc.description.sustainableQuality Education
dc.description.sustainableIndustry, Innovation and Infrastructure
dc.description.sustainableReduced Inequalities
dc.description.sustainableSustainable Cities and Communities
dc.identifier.uriorcid.org/0009-0001-3908-2918
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/47064
dc.language.isoother
dc.publisherNorth-West University
dc.subjectAfrikaans
dc.subjectAmerikaanse Engels
dc.subjectBehoefteanalise
dc.subjectBritse Engels
dc.subjectDikteerstelsel
dc.subjectEienaam
dc.subjectFonetiek
dc.subjectHerspelling
dc.subjectInternasionale Fonetiese Alfabet
dc.subjectLeenwoord
dc.subjectLeksikografie
dc.subjectMandaryns
dc.subjectMediauitspraak
dc.subjectSpaans
dc.subjectTaalhoudingstudie
dc.subjectTaaltegnologie
dc.subjectUitspraakwoordeboek
dc.subjectZoeloe
dc.titleAspekte van ’n meerdoelige Afrikaanse uitspraakwoordeboek
dc.typeThesis

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Leyden M.pdf
Size:
17.89 MB
Format:
Adobe Portable Document Format

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: