Intelligent controller for improved efficiency of micro wind turbine generators
Loading...
Files
Date
Authors
Botha, Stefan
Researcher ID
Supervisors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
North-West University (South Africa) , Potchefstroom Campus
Record Identifier
Abstract
Wind turbines are one of the fastest growing forms of renewable energy. This is mainly
due to wind turbines being one of the cleanest and cheapest form of renewable energy.
The amount of power a wind turbine extracts from the incoming wind is dependent
on the rotational speed and for every wind speed there is an optimal rotational speed
that will extract the most amount of power from the incoming wind.
Large wind turbines incorporate active control techniques in order to control the rotational
speed and ensure the maximum amount of power is extracted from the wind.
This usually involves altering the pitch of the blades or the direction of the wind turbine
with regards to the incoming wind. Using these active control techniques to control
the rotational speed of micro wind turbine creates mechanical and economical difficulties.
This results in micro wind turbines incorporating passive control techniques with the
disadvantage of lower efficiency in controlling the rotational speed, and therefore the
amount of power extracted, when compared to active control techniques. For this
project a controller was developed that altered the rotational speed of a micro wind
turbine in order to increase the amount of power extracted from the incoming wind.
This was done by using a DC-DC boost converter controlled by a fuzzy logic controller
on the output of the generator. The controller only requires the rotational speed and
power output of the wind turbine generator whereas the majority of controllers require
the wind speed and therefore eliminates the difficulties in obtaining exact wind speed
due to the wake effect of the wind turbine tower. The required change in the duty cycle
of the DC-DC boost converter is determined by the controller which in turn controls
the electromechanical torque of the generator. After the controller was developed, the design was simulated in Matlab®/Simulink®
and practically implemented using Control Desk® and a dSPACE® DS1104 controller
board on a 1 kW micro wind turbine generator. Both the simulation and experimental
results indicate an improvement in the amount of power extracted by the micro wind
turbine generator incorporating the controller, especially during high wind speeds. Windturbines is een van die vinnigste groeiende vorms van hernubare energie. Dit is
hoofsaaklik te danke aan die feit dat wind energie een van die skoonste en goedkoopste
vorms van hernubare energie is. Die hoeveelheid drywing wat 'n windturbine uit die
inkomende wind onttrek is afhanklik van die rotasiespoed en vir elke wind spoed is
daar 'n optimale rotasiespoed wat die meeste drywing sal onttrek van die inkomende
wind.
Groot windturbines maak gebruik van aktiewe beheer tegnieke om die rotasiespoed
te beheer en te verseker dat die maksimum hoeveelheid drywing uit die wind onttrek
word. Dit behels gewoonlik om die lem steek of die rigting van die windturbine met
betrekking tot die inkomende wind te verander. Om hierdie aktiewe beheer tegnieke
op mikro-windturbines te gebruik lei na meganiese en ekonomiese probleme.
Dit het die gevolg dat mikro-windturbines gebruik maak van passiewe beheer tegnieke
wat die nadeel het van laer effektiwiteit om die rotasiespoed te beheer in vergelyking
met aktiewe beheer tegnieke. 'n Beheerder moet ontwerp word wat die rotasiespoed
van 'n mikro-windturbine kan beheer en sodoende die hoeveelheid drywing wat uit
die inkomende wind onttrek word verhoog. Dit kan gedoen word deur 'n GS-GS opstapversterker wat beheer word met wasige
logika op die uitset van die generator te koppel. Die beheerder benodig slegs die rotasiespoed
en uitset drywing van generator waar die meerderheid van beheerders die
spoed van die inkomende wind benodig. Die beheerder oorkom dus die probleme
wat geasosieer word om presiese wind spoed te meet as gevolg van die nasleep effek
van die windturbinetoring. Die beheerder bepaal die nodige verandering in die
dienssiklus van die GS-GS opstapversterker wat die elektromeganiese wringkrag van
die generator beheer.
Na die beheerder ontwikkel was, was die ontwerp gesimuleer in Matlab®/Simulink®
en prakties toegepas deur gebruik te maak van Control Desk® en 'n dSPACE® DS1104
beheerbord op 'n 1 kW mikro-windturbinegenerator. Beide die simulasies en eksperimentele
resultate bevestig dat die beheerder die hoeveelheid drywing wat deur die
wind turbine onttrek word verhoog, veral vir 'n toenemende wind spoed.
Sustainable Development Goals
Description
MIng (Electrical and Electronic Engineering), North-West University, Potchefstroom Campus, 2017
