Literêre prestige: die geval Eleanor Baker
Loading...
Date
Authors
Human-Nel, Marian
Van Coller, H.P.
Researcher ID
Supervisors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Record Identifier
Abstract
Deur 'n resepsie-ondersoek word aangetoon hoe Eleanor Baker, wat deur D. van Zyl (2006) en Human-Nel (2009) as 'n enigsins miskende vroueskrywer bestempel word, se literêre reputasie (dus: prestige) die produk van literêre oordeel en evaluasie word. Met die fokus op Baker se resepsiegeskiedenis, word (i) gekyk na die rol van André P. Brink, asook ander kritici en resensente, as kanoniseerders en agente van verandering, veral gedurende die 1980's en vroeg 1990's; en word (ii) die uitwerking van Baker se doelbewuste besluit om nie noodwendig "betrokke" nie, maar eerder oor die alledaagse en verhoudings tussen mense te skryf, ondersoek. Die slotsom is dat Baker se vroulike tematiek, haar toeganklikheid, die handgrepe tipies van populêre fiksie in haar werk en haar warsheid van politieke betrokkenheid haar plek in die kanon negatief geraak het.
Sustainable Development Goals
Description
Enter any additional information or requests for the Library here.
Citation
Human-Nel, M. & Van Coller, H.P. 2016. Literêre prestige: die geval Eleanor Baker. Litnet Akademies, 13(1):86-111. [http://www.litnet.co.za/literere-prestige-die-geval-eleanor-baker/]
