“Wat is die mens wat U so ryk beskenk het?”: die uitbeelding van die geveg tussen Karnaval en Lent by Bruegel en T.T. Cloete
Loading...
Date
Authors
Taljard, Marlies
Researcher ID
Supervisors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Suid–afrikaanse Akad vir Wetenskap En Kuns, Sekretaris
Record Identifier
Abstract
In hierdie artikel word ʼn vergelyking getref tussen die skildery Die geveg tussen Karnaval en
Lent van Pieter Bruegel de Oude en T.T. Cloete se bundel Karnaval en Lent is een gedig. Die
vergelykende ontleding word gedoen met aandag aan die uitbeelding van die tydgenootlike mens
in sy toestand van swakheid en verval, aan die ooreenkomste en verskille ten opsigte van die
gebruik van simboliek en aan vraatsug as simptoom van ʼn ongebalanseerde, skeefgetrekte
samelewing. Daar word geredeneer dat, hoewel beide kunstenaars sterk op kategoriese opposisies
fokus, die tema van beide werke eintlik die ambivalensie is wat die menslike kondisie kenmerk.
Die kunswerke dien as spieël vir die mens sodat hy sy eie dwaasheid kan erken en dié insig hom
tot selfkennis kan lei.
Sustainable Development Goals
Description
Citation
Taljard, M. 2015. “Wat is die mens wat U so ryk beskenk het?”: die uitbeelding van die geveg tussen Karnaval en Lent by Bruegel en T.T. Cloete. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 55(2):205–219. [https://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/v55n2a4]
