NWU Institutional Repository

Chronosisteemverwante faktore wat gelei het tot bende–betrokkenheid in 'n landelike gebied in die Wes–Kaap

Loading...
Thumbnail Image

Date

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

North-West University

Record Identifier

Abstract

Twee navorsingsvrae word deur hierdie studie beantwoord, naamlik "Wat is die Chronosisteemverwante faktore wat gelei het tot bende-betrokkenheid in 'n landelike gebied in die Wes-Kaap vanuit die perspektief van oud-bendelede?" en "Watter riglyne kan daar gestel word ter voorkoming van bende-betrokkenheid by jonger kinders in Sir Lowry's Pass Village, gebaseer op die chronosisteemverwante faktore wat geïdentifiseer word?" 'n Gevallestudie-ontwerp is gevolg waar retrospektiewe beskrywings van oorsaaklike faktore deur oud-bendelede lig gewerp het op aspekte wat relevant is in die voorkoming van bende-betrokkenheid by jonger kinders in 'n kwesbare landelike gebied, naamlik Sir Lowry's Pass Village in die Wes-Kaap. Chronosisteemverwante faktore wat gelei het tot bende-betrokkenheid in 'n landelike gebied in die Wes-Kaap, naamlik Sir Lowry's Pass Village, moet vasgestel word aangesien dit 'n kettingreaksie tot gevolg het. Sir Lowry's Pass Village is 'n gevaarsone vir kinders wat bende-betrokkenheid betref. Indien die faktore vasgestel kan word, kan dit as 'n riglyn vir die bekamping van bende-betrokkenheid dien. Hierdie studie poog om riglyne daar te stel gebaseer op die bevindinge sodat kinders teen bende-betrokkenheid beskerm kan word.

Sustainable Development Goals

Description

Thesis (M.A. (Psychology))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2012.

Citation

Collections

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By