NWU Institutional Repository

"Onder my duim lê die fyn sintaksis van jou strot": Krog in gesprek met Pablo Picasso

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Taljard, Maria Marlies

Supervisors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

PSG COLLECTIVE INVESTMENTS LIMITED

Record Identifier

Abstract

In die afdeling "Skilderysonnette e.a." in die bundel Kleur kom nooit alleen nie kom 'n reeks ekfrastiese gedigte voor waarin Krog metatekstuele kommentaar lewer op plastiese kunswerke van onder andere Marlene Dumas en Pablo Picasso. 'n Vorige artikel het die verhouding tussen Dumas-kunswerke en die Krog-tekste verken. Hierdie artikel ondersoek die wyse waarop Krog in gesprek tree met Picasso se ets nommer 313 van die 347-Suite. Haar sonnette is ware sgraffito waarin sy die ets as sodanig sowel as die verskillende lae ideologiese onderbou wat die kunswerk onderlê, verreken. Deur gebruikmaking van feministiese praktyke en die feministiese vakwoordeskat dekonstrueer sy hierdie ets in 'n reeks sonnette wat algaande in abstraksie toeneem, 'n ironiese toe-eiening van Picasso se bekendste kunstegniek, die kubisme.

Sustainable Development Goals

Description

Keywords

Citation

Taljard, M.M. 2008. "Onder my duim lê die fyn sintaksis van jou strot": Krog in gesprek met Pablo Picasso. LitNet Akademies, 5(3):11-20. [http://www.litnet.co.za/onder-my-duim-l-die-fyn-sintaksis-van-jou-strot-krog-in-gesprek-met-pablo-picasso/]

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By