NWU Institutional Repository

Die verband tussen geslag en die bestuurstyl van die vroulike departementshoof

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Grobler, Magdalena Sussana

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Potchefstroom University for Christian Higher Education

Abstract

In hierdie skripsie word die verband tussen geslag en die bestuurstyl van die vroulike departementshoof in Afrikaansmedium sekondêre skole in die voormalige Noord-Transvaal- en Oos- Transvaalstreke ondersoek. Deur middel van 'n literatuurstudie is vasgestel wat die aard en wese van 'n bestuurstyl is. Bestuurstyle wat op enkele bestuursruite gebaseer is, asook bestuursbeginsels en leierskapstyle wat dien as bestuurstyle, is ondersoek. Dit is gevolg deur die determinante wat 'n bestuurstyl bepaal en die determinante wat geleë is in die onderwysbestuurder, die bestuursomgewing en in die personeel. Vervolgens is vasgestel hoe die bestuurstyl van die vroulike departementshoof lyk. 'n Oorsig is verkry oor die kenmerke van die vroulike departementshoof se bestuurstyl en daarna is die beplanningstyl, organiseringstyl, leidinggewingstyl en beheeruitoefeningstyl bespreek, asook die determinante van die vroulike departementshoof se bestuurstyl. 'n Empiriese ondersoek het die manlike en vroulike departementshoofde se selfpersepsie oor sy en haar bestuurstyl aan die lig gebring. Die enkele verskille in die response ten opsigte van die belangrikheid en die mate van gebruik van die verskillende bestuurstyle is vervolgens bespreek. Ten slotte is gevolgtrekkings gemaak oor die verband tussen geslag en die bestuurstyl van die vroulike departementshoof en enkele aanbevelings is gemaak.

Description

Skripsie (MEd (Onderwysbestuur))--PU vir CHO, 1997

Citation

Collections

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By