Industrialization in South Africa: a historiographical debate?
Abstract
Industrialisasie as 'n ekonomiese verskynsel het min aandag van historici ontvang Die
meeste publikasies van historici handel oor die sosiale en politieke implikasies van die
verskynsel. Hierdie artikel ontleed die werk van ekonomiese historici in die eerste plek,
dan die werk van ekonome en daarna revisionistiese historici. Daar is groot
ooreenstemming oor die koste van aanvanklike industriële proteksionisme, asook die
aanvanklike nut daarvan ten einde ekonomiese groei te stimuleer. Ekonome het
indringend gedebatteer oor die owerheid se desentralisasieprogram en veral die
politieke rasionaal daaragter bevraagteken. Die revisionistiese publikasies oor
industrialisasie handel hoofsaaklik oor die idee dat politieke beleidsrigtings
geïmplementeer is om kapitalistiese ekonomiese ontwikkeling te verseker. Die skrywer
beweer dat min werklike debat tussen die eerste groepe skrywers oor industrialisasie
en laasgenoemde revisionistiese historici plaasvind.