Contents

No. 14, July 1983

Articles


Book reviews

Editorial

Looked at from above, the movement and growth of population are two of the most important components of urbanisation, and are associated with problems of over-population, shortage of houses, and unemployment. They also have far reaching implications for the agrarian community, as they contain the seed for social decline in the rural areas. One of the economic factors causing people to migrate, quite apart from the normal magnetism; of the urban areas, is prolonged, periodic draught, such as that now being experienced in southern Africa.

Intensive research to determine the socio-economic effects of prolonged draught on the agricultural community has not yet been undertaken. It appears that economically active farmers, when these draught conditions arise, leave their farms "temporarily", intending to return once farming conditions improve. In practice, however, only a portion of them go back permanently. Frequently it is the younger people, able to contribute positively to population growth, who remain and establish themselves in the urban areas. Consequently in the rural areas there is not only a sharp decline in numbers during and after prolonged draught, but the population ages progressively. This tendency should receive the serious attention not only of regional and economic historians but also of the authorities.

Redaksioneel

Vanuit 'n oorhoofse perspektief is bevolkingsverskuiwings en -aanwas twee van die belangrikste komponente van verstedeliking en van die knelpunte wat daarmee gepaard gaan, onder meer oorbevolking, woningnood en werkloosheid. Bevolkingsverskuiwings en -groei het egter ook ingrypende implikasies vir die agrariese gemeenskap omdat dit die kiem bevat van sosiale agteruitgang op die platteland. Een van die ekonomiese faktore wat bevolkingsverskuiwings aan die gang sit, onafhanklik van die normale trekkrag van die stedelike gebiede, is periodieke uitgerekte droogtes, soos die waarin Suidelike Afrika die afgelope jare vasgevang is.

lntensiewe navorsing in verband met die presiese sosio-ekonomiese uitwerking van langdurige droogtes op die boerderygemeenskap is nag nie gedoen nie. Dit wil egter voorkom of groot getalle ekonomies aktiewe boere hulle plase in hierdie omstandighede "tydelik" verlaat met die eerlike voorneme om terug te keer as boerderyomstandighede verbeter. Dit gebeur egter nie, want in die praktyk keer net 'n gedeelte van die boere permanent terug. Dikwels is dit die jongmense wat 'n daadwerklike bydrae tot bevolkingsaanwas te maak het, wat in die stedelike gebiede agterbly en hulle metterwoon daar vestig. Die gevolg is dat die bevolking van die landelike gebiede nie net skerp afneem gedurende en na uitgerekte droogtes nie, maar ook progressief verouder. Hierdie verskynsel behoort dus die ernstige aandag van streek- en ekonomiese historici en uiteindelik die owerheid te geniet.

Recent Submissions

  • Brits, J.P. 1983. Piet Retief 1883 - 1983. [Boek resensie] 

    Eloff, C C (Afdeling Streekgeskiedenis van die lnstituut vir Geskiedenisnavorsing, RGN / Section for Regional History, Institute for Historical Research, HSRC, 1983)
  • Snyman, P.H.R. 1983. Postmasburg: 'n geskiedkundige oorsig tot 1982. [Boek resensie] 

    Ferreira, O J O (Afdeling Streekgeskiedenis van die lnstituut vir Geskiedenisnavorsing, RGN / Section for Regional History, Institute for Historical Research, HSRC, 1983)
  • Oberholster, A.G. 1982. Die mynwerkerstaking Witwatersrand, 1922. [Boek resensie] 

    Nöthling, F J (Afdeling Streekgeskiedenis van die lnstituut vir Geskiedenisnavorsing, RGN / Section for Regional History, Institute for Historical Research, HSRC, 1983)
  • Agrariese geskiedenis en streekhistoriese navorsing. 

    Eloff, C C (Afdeling Streekgeskiedenis van die lnstituut vir Geskiedenisnavorsing, RGN / Section for Regional History, Institute for Historical Research, HSRC, 1983)
    • Opsomming: In die volkshuishouding van die meeste lande beklee die boerderybedryf vandag steeds 'n sleutelplek. Gevolglik het sterk belangstelling in die landbouverlede die afgelope sowat veertig jaar veral in Europa ...
  • Ontstaan van die eerste landbou- en boereverenigings in die Kaapkolonie tot 1883. 

    Van Breda, P. (Afdeling Streekgeskiedenis van die lnstituut vir Geskiedenisnavorsing, RGN / Section for Regional History, Institute for Historical Research, HSRC, 1983)
    • Opsomming: Gedurende die eerste helfte van die 19de eeu is die eerste landbouverenigings in die Kaapkolonie gestig. Die landbouverenigings het egter as gevolg van hulle beperkte ekonomiese doelwitte nie aan die verwagtings ...
  • Greytown: a South African townscape. 

    Haswell, Robert F (Afdeling Streekgeskiedenis van die lnstituut vir Geskiedenisnavorsing, RGN / Section for Regional History, Institute for Historical Research, HSRC, 1983)
    • Opsomming: Op enkele uitsonderings na is die stedelike nedersettings van Suid-Afrika deur mense van of Hollandse of Britse herkoms gestig. Die Hollands-Afrikaanse dorp en die British-settler town is as tipes duidelik ...
  • Onder-Kouga: oorsig van 'n kontrei. 

    Ferreira, O J O (Afdeling Streekgeskiedenis van die lnstituut vir Geskiedenisnavorsing, RGN / Section for Regional History, Institute for Historical Research, HSRC, 1983)
    • Opsomming: Onder-Kouga, geleë noord van die Langkloofvallei, word wel deur vroeë reisigers vermeld, maar is waarskynlik nooit deur hulle besoek nie. Die vroegste aanduiding dat Blankes die gebied bewoon, vind ons in ...