NWU Institutional Repository

Die rol van die Astigmata [Acari] in die oordra van swambesmetting by grondboontjies

Loading...
Thumbnail Image

Date

Researcher ID

Supervisors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

North-West University (South Africa)

Record Identifier

Abstract

1) Die Astigmata is numeries van die belangrikste fauna wat geassosieerd met grondboontjies voorkom. 2) 'n Nuwe astigmaatspesie; Caloglyphus arachis is beskryf . 3) Astigmaat myte van die genera Caloglyphus, Tyrophagus en Schwiebia wat in grondboontjielande versamel is, was altyd met 'n verskeidenheid swamspore besmet. 4) Doeltreffende teeltegnieke is vir hierdie myte ontwikkel en beskryf. 5) Voedselvoorkeurstudies het aangetoon geredelik op swamme en grondboontjiemateriaal voed, dat daar onderlinge verskille by die betrokke mytspesies bestaan t.o.v. die rangskikking van die onderskeie materiale in volgorde van gewildheid. 6) Daar is bepaal dat die myte in staat is om grondboontjies in laboratoriumeksperimente met swamme te besmet. Swamgroei het onmiddellik op dooie pitte plaasgevind, maar 'n aansienlike tydsverloop was nodig voordat lewendige pitte swamgroei ontwikkel het. 7) Nie een van die mytspesies was in staat om uitgesoekte onbeskadigde peule binne te dring nie. Ongeveer tien persent van pitte wat ewekansig geselekteer is, is egter binnegedring. 8) Proewe met potkulture het getoon dat die myte in grond met 'n lae voginhoud op die wortelstelsels en veral die peule van grondboontjieplante aggregeer. 9) Uitdrogingskurwes van die myte wat met 'n elektromikrobalans verkry is, toon dat waterdamp myte in 'n droe omgewing tot hoe aktiwiteit prikkel. Dit dui moontlik op 'n goed ontwikkelde higrotaktiese gedrag. 10) Die hipotese word gestel dat swambesmetting van grondboontjies volg op kondisionering van die plantweefsel deur 'n fitopatogene mikroorganisme of verterings ensieme van die myt. Die myt dien ook as oordraer van die onbekende fitopatogeen. 11) Aanbevelings oor die bekamping van die vraagstuk word gemaak.

Sustainable Development Goals

Description

DSc, North-West University, Potchefstroom Campus

Keywords

Citation

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By