NWU Institutional Repository

Die rol van die Astigmata [Acari] in die oordra van swambesmetting by grondboontjies

dc.contributor.advisorRyke, P.A.J.
dc.contributor.authorAucamp, Johan Louis
dc.date.accessioned2022-08-29T10:23:42Z
dc.date.available2022-08-29T10:23:42Z
dc.date.issued1968
dc.descriptionDSc, North-West University, Potchefstroom Campusen_US
dc.description.abstract1) Die Astigmata is numeries van die belangrikste fauna wat geassosieerd met grondboontjies voorkom. 2) 'n Nuwe astigmaatspesie; Caloglyphus arachis is beskryf . 3) Astigmaat myte van die genera Caloglyphus, Tyrophagus en Schwiebia wat in grondboontjielande versamel is, was altyd met 'n verskeidenheid swamspore besmet. 4) Doeltreffende teeltegnieke is vir hierdie myte ontwikkel en beskryf. 5) Voedselvoorkeurstudies het aangetoon geredelik op swamme en grondboontjiemateriaal voed, dat daar onderlinge verskille by die betrokke mytspesies bestaan t.o.v. die rangskikking van die onderskeie materiale in volgorde van gewildheid. 6) Daar is bepaal dat die myte in staat is om grondboontjies in laboratoriumeksperimente met swamme te besmet. Swamgroei het onmiddellik op dooie pitte plaasgevind, maar 'n aansienlike tydsverloop was nodig voordat lewendige pitte swamgroei ontwikkel het. 7) Nie een van die mytspesies was in staat om uitgesoekte onbeskadigde peule binne te dring nie. Ongeveer tien persent van pitte wat ewekansig geselekteer is, is egter binnegedring. 8) Proewe met potkulture het getoon dat die myte in grond met 'n lae voginhoud op die wortelstelsels en veral die peule van grondboontjieplante aggregeer. 9) Uitdrogingskurwes van die myte wat met 'n elektromikrobalans verkry is, toon dat waterdamp myte in 'n droe omgewing tot hoe aktiwiteit prikkel. Dit dui moontlik op 'n goed ontwikkelde higrotaktiese gedrag. 10) Die hipotese word gestel dat swambesmetting van grondboontjies volg op kondisionering van die plantweefsel deur 'n fitopatogene mikroorganisme of verterings ensieme van die myt. Die myt dien ook as oordraer van die onbekende fitopatogeen. 11) Aanbevelings oor die bekamping van die vraagstuk word gemaak.en_US
dc.description.thesistypeDoctoralen_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/39837
dc.language.isootheren_US
dc.publisherNorth-West University (South Africa)en_US
dc.titleDie rol van die Astigmata [Acari] in die oordra van swambesmetting by grondboontjiesen_US
dc.typeThesisen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Aucamp_Johan Louis.pdf
Size:
14.49 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.61 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: