NWU Institutional Repository

Tyd as struktuurelement in Raka van N.P. van Wyk Louw

Loading...
Thumbnail Image

Date

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

North-West University (South Africa)

Abstract

Uit voorafgaande ondersoek blyk dit dat die tyd in Raka verskillende vorme aanneem : 1. Die spel van lig en donker in die epos is ' n tydselement. 2. Die stam se tradisie het temporale waarde. 3. Die verskillende prosesse wat in die epos voltrek word, is aspekte van die tyd. Verder verrig die tyd in Raka verskillende f unksies: 1. Deur die situering in die tyd word die simboliese en dramatiese kwaliteit van die epos verhoog. 2 . 'n Dramatiese effek word verkry deurdat die illusie van teenwoordige gebeure geskep word ten spyte van die gebruik van die grammatikale verlede tyd. 3. Voegwoorde en aaneenskakelende frases versterk die indruk van epiese kontinuiteit en van ' n trae, rustige gang in die epiese gebeure. 4. Die rustige epiese gang word op bepaalde stadia onderbreek deur skielike wendinge met ' n snelle tempo.

Description

MA, North-West University, Potchefstroom Campus

Keywords

Citation

Collections

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By