'n Aspekties-aktionsartige ondersoek na die funksielingematiese ge-premorfeem, diachronies gesien
Abstract
Die ge- premorfeem het nie net in Afrikaans 'n besonder hoe gebruiksfrekwensie nie maar ook in die ouer Germaanse tale, waarvan Goties en Angel-Saksies goeie voorbeelde is. Hierdie premorfeem het veral in die funksielingemaat en die saaklingemaat veelvuldig voorgekom. Dit word algemeen aanvaar dat die ga-, gi -, ge- premorfeem oorspronklik ‘n outonome lingemaat met die logaliteit "saam met" was, dus eintlik gesamentlikheid uitgedruk het. Hierdie lingemaat is mettertyd as ʼn versterkingsmorfeem gebruik, of, soos baie duidelik in die Afrikaanse saaklingemaat bewaar, as ‘n spesifieke morfeem ter uitdrukking van gesamentlikheid of kollektiwiteit, net soos nog in die Gotiese gajuk, gamains, gaquprbs, garuni, garuns, gasinbja ens. gesien kan word. In Afrikaans is soortgelyke voorbeelde nog talryk, byvoorbeeld gebak, gebeente, gebergte, geboefte, geboomte, gebraad, gebroeders, gebroedsel, gespuis, gevleuelte, gewas - dus 'n gesamentlikheid of 'n versameling beendere, berge ens. Die ge- premorfeem kom ook in ander lingemaatsoorte voor, soos byvoorbeeld in die Gotiese persoonsname soos: gaarbja, gabaurgja, gadaila, gahlaiba, galaistja, galeika, garazna, asook in die Afrikaanse hoedanigheidslingemate: gegoed, genoeg, gereed, gesog, getrou en andere. Omdat die ge- in genoemde en ander tale so 'n
hoe gebruiksfrekwensie het, veronderstel mens dat dit 'n besondere funksie moet vervul, en aangesien hierdie funksie of funksies so dikwels as aspekties en/of aktionsartig verklaar is, met of sonder onderskeid tussen hierdie twee terme, sal hierdie ondersoek probeer om 'n mate van helderheid in hierdie verband te bring. Die
saaklingematiese en die hoedanigheidslingematiese ge- premorfeme word dus buite rekening gelaat. Ter wille van die duidelikheid is dit dus noodsaaklik dat 'n kernagtige onderskeiding tussen aspek en
aktionsart hierdie studie sal voorafgaan. Dit is ook nodig om sekere terme wat in die loop van die ondersock gebruik is, vooraf kortliks uiteen te sit.
Collections
- Humanities [2644]