• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Education
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Education
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Dominique Botha se Valsrivier as dubbele Bildungsroman

    Thumbnail
    View/Open
    Malan_I.pdf (812.1Kb)
    Date
    2019
    Author
    Malan, I.
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Dominique Botha se veelbekroonde debuutroman, Valsrivier (2013), is duidelik op outobiografiese gegewens gebaseer, maar word pertinent by wyse van die ondertitel “’n roman” as fiksionele vertelling aangebied. Op die stofomslag beskryf Breyten Breytenbach die boek as ’n “Bildungsroman”. Wat hy egter nie eksplisiet vermeld nie, is dat Valsrivier ook ’n voorbeeld van die sogenaamde Künstlerroman – ’n subgenre van die Bildungsroman – is, waarin die “ontwikkeling” van nie net een nie, maar twee kunstenaarsfigure (Paul én Dominique Botha), gedokumenteer word. Met inagneming van bestaande literêr-teoretiese insigte ten opsigte van die Bildungsroman en die Künstlerroman, word daar in hierdie verhandeling ondersoek ingestel na Valsrivier as dubbele, outofiksionele Künstlerroman. Daar word spesifiek melding gemaak van die wyse waarop en die doel waarmee Paul en Dominique se onderskeie Bildungsprosesse die konvensies van die tradisionele “manlike” en “vroulike” Bildungsroman/Künstlerroman bevestig en ondermyn. In hierdie verband speel die funksie wat Dominique as skrywer-verteller in Valsrivier verrig, ’n deurslaggewende rol. In Valsrivier word Dominique se (positiewe) ontwikkeling as skrywer in ’n sekere sin teen Paul se agteruitgang (en meer spesifiek die fnuik van sy skrywerlike drome en ambisies) afgeteken. Hierdie twee Bildungsprosesse is egter nie eenduidig nie, maar op komplekse wyse met mekaar verstrengel en word direk deur die outobiografiese dimensie van die teks beïnvloed. Daar word aangetoon dat Visser (2014) se bewering dat die leser van Valsrivier die keuse het om die boek óf as outobiografie óf as fiksie te interpreteer, te simplisties is. Aanvanklik wil dit voorkom asof Paul, in konvensionele terme, nie ’n suksesvolle Bildungsproses as kunstenaarsfiguur deurloop nie, maar veel eerder kenmerke van regressie toon. Uiteindelik wil dit egter blyk dat Dominique juis sy verset en onwilligheid om aan samelewingseise gehoor te gee as heroïes beskou, terwyl sy ook nie naïef en onkrities teenoor haar eie ontwikkeling as kunstenaar (skrywer) staan nie.
    URI
    https://orcid.org/0000-0003-4826-8076
    http://hdl.handle.net/10394/36081
    Collections
    • Education [1695]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV