’n Lewensvaardigheidsprogram vir straatkinders: aanwending van die lewenskaartetegniek in maatskaplike groepwerkverband
Abstract
Die artikel dui aan hoe die lewenskaartetegniek as terapeutiese hulpmiddel in maatskaplike
groepwerkverband gebruik is om ’n lewensvaardigheidsprogram vir straatkinders te ontwikkel. Hierdie
program beoog om die psigo-sosiale behoeftes van straatkinders te bevorder. ’n Literatuurstudie is
onderneem ten einde die terrein van wetgewing vir en dienslewering aan straatkinders af te baken. ’n
Volledige behoeftebepaling is hierna onderneem om die spesifieke behoeftes van hierdie teikengroep te
kon vasstel.
Op grond van beide die literatuurstudie en die behoeftebepaling is hierdie program ontwikkel, wat
wetenskaplik op die werklike behoeftes van hierdie kinders gebaseer is. Die inhoud van hierdie
program word aan die hand van nege sessies aangebied. Elke sessie is op ’n bepaalde lewenskaarttema
gebaseer en sluit onder andere die volgende in, naamlik selfkennis, interpersoonlike verhoudings,
“coping”, toekomsbeplanning, groepsdruk, substansmisbruik, probleemoplossing, konflikhantering, ’n
gesonde leefstyl, kommunikasievaardighede, positiewe funksionering en die toepassing van al die
vaardighede in hul lewensituasie.
Die studie kan as uniek beskou word omdat dit die eerste keer is, volgens die standpunte van die
outeurs, dat navorsing gedoen is oor die gebruik van die lewenskaartetegniek in die ontwikkeling van
’n lewensvaardigheidsprogram vir straatkinders. Verder bestaan daar ook min navorsing oor die psigososiale funksionering van straatkinders en hul behoefte aan lewensvaardighede The focus of this article is to indicate how the life map technique was applied in the development of a life skills program for street
children in order to promote the psychosocial functioning of street children. A literature study was undertaken to determine the
existing legislature for and service rendering to street children. After the literature study a needs assessment was undertaken to
determine the specific needs of street children. According to the results of the literature study and the needs assessment the
programme was developed, which is scientifically based on the real needs of these children. The content of such a programme is
reported on in this article
URI
http://hdl.handle.net/10394/33329http://www.scielo.org.za/scielo.php?pid=S0037-80542019000300003&script=sci_abstract&tlng=es
Collections
- Faculty of Health Sciences [2404]