• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Education
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Education
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Studente se ervaring van afstandsleer in die Baccalaureus Educationis Grondslagfase-graad

    Thumbnail
    View/Open
    TaylorB.pdf (3.850Mb)
    Date
    2018
    Author
    Taylor, B.
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    'n Groot studentetal verwerf jaarliks 'n kwalifikasie aan die Noordwes-Universiteit (NWU) deur middel van afstandsleer. Afstandsleerstudente aan die NWU is regoor Suid-Afrika en Namibië verspreid. Die NWU ondersteun afstandsleerstudente deur hulle toegang te bied tot leerondersteuningsentrums waar dié studente interaktiewe witbordsessies (IWB) kan bywoon asook rekenaar- en gratis internettoegang het. Baccalaureus Educationis (BEd) Grondslagfase-afstandsleerstudente kry voorts ook tegnologiese ondersteuning by die leerondersteuningsentrums waar opgeleide Grondslagfase-fasiliteerders teenwoordig is. Die elektroniese platform eFundi word gebruik om alle studiemateriaal en -inligting elektronies aan die studente beskikbaar te stel. Studente kan ook hierdie platform gebruik om opdragte elektronies in te dien en opnames van IWB-sessies te besigtig wat ná afloop van sodanige regstreekse sessies op die internet gelaai word. 'n Literatuurstudie is eers onderneem om tendense in afstandsleer te ondersoek soos dit op internasionale sowel as nasionale vlak ervaar word. Daar is spesifiek gefokus op die uitdagings en voordele wat sowel internasionaal as nasionaal deur afstandsleerstudente tydens die voltooiing van hulle kwalifikasie ervaar word. Literatuur het aangedui dat administratiewe en akademiese ondersteuning noodsaaklik is om die uitdagings wat met afstandsleer verband hou, te beperk. Hierdie studie het ten doel gehad om ondersoek in te stel na studente se ervaring van afstandsleer in die BEd Grondslagfase-graad aan die NWU. Daar is voorts drie sekondêre navorsingsdoelwitte gestel, naamlik: • om vas te stel wat studente se ervaring is van afstandsleer in die BEd Grondslagfase-graad ten opsigte van administratiewe ondersteuning aan die Noordwes-Universiteit (NWU); • om vas te stel wat studente se ervaring is van afstandsleer in die BEd Grondslagfase-graad ten opsigte van akademiese ondersteuning aan die Noordwes-Universiteit (NWU); • om vas te stel wat studente se ervaring is van afstandsleer in die BEd Grondslagfase-graad ten opsigte van elektroniese ondersteuning aan die Noordwes-Universiteit (NWU). Ten einde bovermelde navorsingsdoelwitte te bereik, is 'n empiriese ondersoek onderneem. 'n Kwalitatiewe benadering is in dié empiriese studie gevolg. Deelnemers is deur middel van doelgerigte ewekansige steekproefneming geselekteer. Data is ingesamel deur middel van elektroniese vraelyste bestaande uit oop-eind-vrae. Die elektroniese vraelys (in Afrikaans en Engels) is vergesel van 'n begeleidende brief om die doel van dié studie en vraelys aan die deelnemers te verduidelik. Die elektroniese vraelys het uit twee afdelings bestaan: Afdeling A (Biografiese gegewens om die deelnemersprofiel beter te verstaan); en Afdeling B (Inligting betreffende studente se ervaring van afstandsleer in die BEd Grondslagfase-graad aan die NWU). Die vraelys is op Google Forms saamgestel en op eFundi gelaai waar die deelnemers die vraelys kon voltooi deur vrywillig op 'n skakel te kliek. Aangesien terugvoer anoniem was, het die studentedeelnemers die geleentheid gehad om openlik oor hulle ervaring van die BEd-afstandsleerprogram te reflekteer. Die terugontvangde vraelyste is deur middel van Atlas.ti™ geanaliseer. Koderingswoorde is geformuleer om ooreenstemmende eenhede of segmente in die transkripsies te identifiseer. Bevindinge het getoon dat afstandsleerstudente aan dié navorsing uitdagings asook voordele ervaar het ten opsigte van die voltooiing van hulle kwalifikasie. Bevindinge van hierdie studie strook ook met relevante literatuur in die veld. Na aanleiding van die bevindinge wat vanuit hierdie kwalitatiewe ondersoek gespruit het, is aanbevelings gemaak oor die verbetering van studente se ervaring van afstandsleer. Hierdie aanbevelings kan deur die NWU oorweeg word ten einde die ervaring van voornemende afstandsleerstudente te verbeter en effektiewe dienslewering te verseker sodat dié studente hulle studies suksesvol kan voltooi.
    URI
    https://orcid.org/0000-0002-8600-8593
    http://hdl.handle.net/10394/31459
    Collections
    • Education [1695]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV