• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Law
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Law
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Herstellende geregtigheid in gevalle van seksuele oortredings en die uitsprake van die hoogste hof van appèl in DPP v Thabethe en Seedat v S

    Thumbnail
    Date
    2017
    Author
    Kloppers, Danie
    Kloppers, Henk
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Herstellende geregtigheid is 'n betreklik nuwe benadering waardeur geregtigheid kan realiseer, maar die aanwending daarvan in gevalle van seksuele oortredings is steeds in omstredenheid gehul. Alhoewel herstellende geregtigheid deur die hoogste howe in Suid-Afrika gesanksioneer is, het dit nog net in twee gevalle in die hoogste hof van appèl by seksuele oortredings ter sprake gekom. Hierdie artikel fokus op die twee uitsprake in DPP v Thabethe en Seedat v S. Dié uitsprake word aanvanklik in die lig van die verhoorhowe se beslissings bespreek en die fokus val op die wyse waarop die verskillende howe herstellende geregtigheid hanteer het. In die lig daarvan dat die hoogste hof van appèl op herstellende geregtigheid as 'n vonnisopsie fokus, word na internasionale teorieë en praktyk oor herstellende geregtigheid in gevalle van seksuele oortredings verwys om te bepaal of die hof nie tot 'n ander beslissing kon kom nie. In die bespreking van internasionale praktyk word verwys na jurisdiksies waar herstellende geregtigheid wel in gevalle van seksuele oortredings aangewend word, asook na dokumente en menings wat hierdie gebruik ondersteun. Die bespreking sluit af met 'n evaluering van die twee hofbeslissings in die lig van die internasionale gebruik en dui aan dat die hof in beide gevalle nie die beginsels van herstellende geregtigheid toegepas het nie en moontlik 'n ander gevolgtrekking sou bereik het indien dit wel gedoen sou gewees het. Die gevolgtrekking is dat dit prakties moontlik is om herstellende geregtigheid met die nodige omsigtigheid in gevalle van seksuele oortredings aan te wend.
    URI
    https://www.litnet.co.za/herstellende-geregtigheid-gevalle-van-seksuele-oortredings-en-die-uitsprake-van-die-hoogste-hof-van-appel-dpp-v-thabethe-en-seedat-v-s/
    http://hdl.handle.net/10394/28715
    Collections
    • Faculty of Law [388]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV