NWU Institutional Repository

Herstellende geregtigheid in gevalle van seksuele oortredings en die uitsprake van die hoogste hof van appèl in DPP v Thabethe en Seedat v S

dc.contributor.authorKloppers, Danie
dc.contributor.authorKloppers, Henk
dc.contributor.researchID10936386 - Kloppers, Hendrik Jacobus
dc.date.accessioned2018-07-24T07:00:22Z
dc.date.available2018-07-24T07:00:22Z
dc.date.issued2017
dc.description.abstractHerstellende geregtigheid is 'n betreklik nuwe benadering waardeur geregtigheid kan realiseer, maar die aanwending daarvan in gevalle van seksuele oortredings is steeds in omstredenheid gehul. Alhoewel herstellende geregtigheid deur die hoogste howe in Suid-Afrika gesanksioneer is, het dit nog net in twee gevalle in die hoogste hof van appèl by seksuele oortredings ter sprake gekom. Hierdie artikel fokus op die twee uitsprake in DPP v Thabethe en Seedat v S. Dié uitsprake word aanvanklik in die lig van die verhoorhowe se beslissings bespreek en die fokus val op die wyse waarop die verskillende howe herstellende geregtigheid hanteer het. In die lig daarvan dat die hoogste hof van appèl op herstellende geregtigheid as 'n vonnisopsie fokus, word na internasionale teorieë en praktyk oor herstellende geregtigheid in gevalle van seksuele oortredings verwys om te bepaal of die hof nie tot 'n ander beslissing kon kom nie. In die bespreking van internasionale praktyk word verwys na jurisdiksies waar herstellende geregtigheid wel in gevalle van seksuele oortredings aangewend word, asook na dokumente en menings wat hierdie gebruik ondersteun. Die bespreking sluit af met 'n evaluering van die twee hofbeslissings in die lig van die internasionale gebruik en dui aan dat die hof in beide gevalle nie die beginsels van herstellende geregtigheid toegepas het nie en moontlik 'n ander gevolgtrekking sou bereik het indien dit wel gedoen sou gewees het. Die gevolgtrekking is dat dit prakties moontlik is om herstellende geregtigheid met die nodige omsigtigheid in gevalle van seksuele oortredings aan te wend.
dc.identifier.citationKloppers, D. & Kloppers, H. 2017. Herstellende geregtigheid in gevalle van seksuele oortredings en die uitsprake van die hoogste hof van appèl in DPP v Thabethe en Seedat v S. Litnet Akademies, 14(1):345-373. [https://www.litnet.co.za/herstellende-geregtigheid-gevalle-van-seksuele-oortredings-en-die-uitsprake-van-die-hoogste-hof-van-appel-dpp-v-thabethe-en-seedat-v-s/]
dc.identifier.issn1995-5928
dc.identifier.urihttps://www.litnet.co.za/herstellende-geregtigheid-gevalle-van-seksuele-oortredings-en-die-uitsprake-van-die-hoogste-hof-van-appel-dpp-v-thabethe-en-seedat-v-s/
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/28715
dc.language.isoother
dc.publisherLitNet
dc.subjectgemeenskapsbelang
dc.subjectherstellende geregtigheid
dc.subjectseksuele oortredings
dc.subjectslagoffer-oortreder-bemiddeling
dc.subjectvergeldende geregtigheid
dc.subjectvonnisopsies
dc.titleHerstellende geregtigheid in gevalle van seksuele oortredings en die uitsprake van die hoogste hof van appèl in DPP v Thabethe en Seedat v S
dc.typeArticle

Files

Collections