• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Humanities
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Humanities
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Well-being : a paradigmatic contribution to community health care with special reference to herbalism

    Thumbnail
    View/Open
    herholdt_mariusd.pdf (10.91Mb)
    Date
    2004
    Author
    Herholdt, Marius Daniel
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Die doelstelling van hierdie navorsing is 'n poging om te bepaal hoe sosiale werklikheid die aard en omvang van natuurlike gesondheid sorg binne die primere gesondheid sorg skema raak. Sosiale instellings soos gesondheid sorg ondergaan tans geweldige verskuiwings binne die konteks van postmodernisme. Wetenskap, epistemologie en alternatiewe werklikheidsbeskouinge verryk mekaar om 'n konsepsuele skema daar te stel waarbinne nuwe benaderings tot gesondheid sorg geakkommodeer kan word. Dit lei waarskynlik tot die hernude belangstelling in natuurlike gesondheid sorg. Soos wat natuurlike gesondheid sorg al hoe meer sosiaal aanvaarbaar word, lei dit verder tot mediese pluralisme waar alternatiewe gesondheid sorg saam met allopatiese medisyne die spektrum van gesondheid sorg uitmaak. In hierdie navorsing word sodanige verskuiwing venvelkom aangesien natuurlike gesondheid sorg met haar holistiese aanpak die bio-psigososiale aspekte van menswees verdiskonteer. Veral word in hierdie navorsing dan klem gel6 op die sosiale verstaan van die liggaam aangesien die liggaam nie die passiewe anatomiese raamwerk van bio-medisyne is nie, maar die relasionele wese waar verhoudinge en emosies mee speel in die balans wat ons gesondheid noem. Hierdie balans vind uitdrukking in die model van welstand waar 'n veelheid van modaliteite benodig word om die totale mens aan te spreek. Dit sluit in berading , kruie medisyne, kinesiologie, aromaterapie, energ ie heling, iridologie en refleksologie om maar net 'n paar te noem. Postmodernisme self word as bekyk met verwysing na die konsepsuele impetus wat dit bied om aspekte soos self-organisasie, kompleksiteit, kruie sinergisme, en holisme tot 'n nuwe model van natuurlike gesondheid sorg saam te snoer. In plaas daarvan om a bepaalde tema breedvoerig te bespreek, het die outeur verkies om 'n verskeidenheid van hierdie temas telkens in die bespreking te verweef teneinde te kan aantoon hoe elkeen om die ander impakteer. Die leser sal dus elkeen van hierdie temas deurlopend vanuit 'n ander hoek in elke hoofstuk vind.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/2357
    Collections
    • Humanities [2697]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV