NWU Institutional Repository

Akademiese diskoers en die skep van ’n akademiese ruimte as voedingsbodem in Marius Crous se digbundel Vol draadwerk

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Taljard, Marlies

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LitNet

Abstract

Die meeste resensies oor Marius Crous se bundel Vol draadwerk wys op die duidelike teenwoordigheid van ’n akademiese diskoers. Die doel van hierdie artikel is om deur middel van enkele teksontledings te probeer aantoon hoe die teenwoordigheid van ’n akademiese diskoers die bundel verryk. Konvensionele literêre teorieë, asook teorieë van toegepaste linguistiek vorm die grondslag van die navorsing. Eerstens val die fokus op sogenaamde kenmerke van akademiese taal. Vervolgens word aandag geskenk aan metadiskoers en die konstruksie van ’n akademiese skryweridentiteit, die skryf vir ’n bepaalde teikengehoor en enkele aspekte van argumentkonstruksie, soos die grootte en die aard van die denksprong. Daar word aangetoon dat hoewel die gedigte eerstens binne die poëtiese genre val, Crous se werk ook sterk by tekste vanuit die akademiesediskoersgemeenskap aansluit..

Description

Citation

Taljard, M. 2015. Akademiese diskoers en die skep van ’n akademiese ruimte as voedingsbodem in Marius Crous se digbundel Vol draadwerk. Litnet Akademies, 12(1):68–88. [https://journals.co.za/content/litnet/12/1/EJC172671]

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By