Show simple item record

dc.contributor.advisorFroneman, J.D.
dc.contributor.authorSwart, Alexa
dc.date.accessioned2015-12-09T14:31:20Z
dc.date.available2015-12-09T14:31:20Z
dc.date.issued2014
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/15596
dc.descriptionMA (Communication Studies), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015en_US
dc.description.abstractIn hierdie studie word Huisgenoot se raming van misdaad nuusteoreties bespreek deur middel van ’n kwalitatiewe inhoudsanalise. Ramingsteorie en die verbandhoudende teoretiese perspektiewe van agendastelling, sensasionalisme, nuus- en voorbladteorie word as teoretiese interpretasie-instrumente gebruik. Al die misdaadstories wat Huisgenoot in 2012 gedek het, word genoteer en elke artikel word aan die hand van agendastelling geklassifiseer om sodoende misdaadnuus as belangrike agendapunt op Huisgenoot se voorblad te peil. Aan die hand van 'n klassifikasieproses is die drie mees prominente misdaadonderwerpe in Huisgenoot 2012 geïdentifiseer as die Modimolle-monster, die Griekwastad-moorde en die Somalië-ontvoering. Elk het vyf maal in 2012 die Huisgenoot-voorblad gehaal. Die studie volg ’n deduktiewe benadering en dus word gebruik gemaak van generiese of bestaande rame, wat toegepas word op elkeen van die prominentste misdaadstories om te bepaal of die raam voorkom en op watter wyse dit gebruik is. Die generiese rame (aan die hand van Semetko & Valkenburg, 2006:95-96) is dié van menslike belang, konflik, moraliteit en die ekonomie. Die studie sluit dan af met die noukeurige analise van die mees prominente misdaadonderwerpe wat elkeen volgens ramingsteorie en die bydraende perspektiewe geanaliseer en beskryf word. Die studie bevind dat Huisgenoot se raming van die drie mees prominente misdade gedomineer word deur die menslikebelang- en konflikrame. Hierdie rame het sterk gefigureer in elke storie en versterk ook Huisgenoot se sensasionele raming van die misdaadstories, omdat dié raming nuus aangrypend verpersoonlik en emosioneel aanbied. Verder word geargumenteer dat Huisgenoot dié misdaad sensasioneel raam deur sy deurlopende gebruik van ’n kragtige, soms baie grafiese, prosavertelstyl. Die tydskrif verpersoonlik en vereenvoudig voortdurend die misdaadnuus en raam die artikels treffend en emosioneel deur die sterk narratiewe vertelling van gebeure wat verband hou met sensasionele poniejoernalistiek.en_US
dc.language.isootheren_US
dc.subjectHuisgenooten_US
dc.subjectMisdaaden_US
dc.subjectAgendastellingen_US
dc.subjectRamingen_US
dc.subjectSensasionalismeen_US
dc.subjectCrime
dc.subjectAgenda setting
dc.subjectFraming
dc.subjectSensationalism
dc.title'n Nuusteoretiese ondersoek na die dekking van misdaad as vermaak in Huisgenoot (2012)afr
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeMastersen_US
dc.contributor.researchID10061053 - Froneman, Johannes Degenaar (Supervisor)


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record