• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Humanities
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Humanities
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    'n Nuusteoretiese ondersoek na die dekking van misdaad as vermaak in Huisgenoot (2012)

    Thumbnail
    View/Open
    Swart_A_2014.pdf (5.387Mb)
    Date
    2014
    Author
    Swart, Alexa
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    In hierdie studie word Huisgenoot se raming van misdaad nuusteoreties bespreek deur middel van ’n kwalitatiewe inhoudsanalise. Ramingsteorie en die verbandhoudende teoretiese perspektiewe van agendastelling, sensasionalisme, nuus- en voorbladteorie word as teoretiese interpretasie-instrumente gebruik. Al die misdaadstories wat Huisgenoot in 2012 gedek het, word genoteer en elke artikel word aan die hand van agendastelling geklassifiseer om sodoende misdaadnuus as belangrike agendapunt op Huisgenoot se voorblad te peil. Aan die hand van 'n klassifikasieproses is die drie mees prominente misdaadonderwerpe in Huisgenoot 2012 geïdentifiseer as die Modimolle-monster, die Griekwastad-moorde en die Somalië-ontvoering. Elk het vyf maal in 2012 die Huisgenoot-voorblad gehaal. Die studie volg ’n deduktiewe benadering en dus word gebruik gemaak van generiese of bestaande rame, wat toegepas word op elkeen van die prominentste misdaadstories om te bepaal of die raam voorkom en op watter wyse dit gebruik is. Die generiese rame (aan die hand van Semetko & Valkenburg, 2006:95-96) is dié van menslike belang, konflik, moraliteit en die ekonomie. Die studie sluit dan af met die noukeurige analise van die mees prominente misdaadonderwerpe wat elkeen volgens ramingsteorie en die bydraende perspektiewe geanaliseer en beskryf word. Die studie bevind dat Huisgenoot se raming van die drie mees prominente misdade gedomineer word deur die menslikebelang- en konflikrame. Hierdie rame het sterk gefigureer in elke storie en versterk ook Huisgenoot se sensasionele raming van die misdaadstories, omdat dié raming nuus aangrypend verpersoonlik en emosioneel aanbied. Verder word geargumenteer dat Huisgenoot dié misdaad sensasioneel raam deur sy deurlopende gebruik van ’n kragtige, soms baie grafiese, prosavertelstyl. Die tydskrif verpersoonlik en vereenvoudig voortdurend die misdaadnuus en raam die artikels treffend en emosioneel deur die sterk narratiewe vertelling van gebeure wat verband hou met sensasionele poniejoernalistiek.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/15596
    Collections
    • Humanities [2696]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV