• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Humanities
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Humanities
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Subjekvorming deur literatuuronderrig aan universiteite in Suid–Afrika sedert 1994

    Thumbnail
    View/Open
    Table of contents (101.6Kb)
    Section 1 (315.4Kb)
    Section 2 (927.3Kb)
    Section 3 (3.334Mb)
    Section 4 (948.9Kb)
    Section 5 (164.2Kb)
    Bibliography (159.9Kb)
    Date
    2002
    Author
    Dullaart, Anna Gertruida
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Hierdie studie ondersoek die beroepsgeleenthede vir literatuurgraduandi in postapartheid Suid-Afrika. Die subjekvorming van literatuurstudente en -dosente word ondersoek deur ideologie-kritiese analises van akademiese en politieke diskoers. Uit die analises blyk 'n kloof tussen die wêreld van werk en die akademiese ivoortoring, tussen brood en boeke. Dit blyk dat diskoers uit die beroepswêreld nie die ivoortoring deurdring en die literêr-akademiese diskoers insemineer nie. Die kloof word toegeskryf aan akademiese magsverhoudings wat subjekvorming reguleer, en aan die ideologiese prosesse waarmee literatore gemarginaliseer word in die "regte wêreld". As 'n eerste stap ondersoek die studie die akademie as 'n kerngesin en pas Luce lrigaray se feministiese psigoanalise toe op die verhouding tussen dosente en studente. Die gevolgtrekking is dat literatuurdosente die ekonomiese potensiaal van literatuurgraduandi uitsluit, om so hulle eie subjek nisse as houers van simboliese kapitaal vol te staan. Subjekvorming is 'n beweging vanaf die (akademiese) kerngesin in die wyer wêreld in. Daarom ondersoek die studie in 'n tweede stap hoe literatuurgraduandi se subjekvorming plaasvind in die drie ideologiese staatsapparate (ISA's) van Althusser (ekonomie, onderwys en politiek). Hieruit spruit insigte oor identiteitsvorming in die spanningsvelde tussen kapitalisme, postkolonialisme, neokolonialisasie en globalisasie. Dit blyk dat literatuurgraduandi goed kan vaar in ruwe nuwe ekonomiese terreine soos ontwikkelingswerk, omgewingsonderwys, kennisbestuur en elektroniese joernalistiek. Hulle is egter nie bewus van hierdie beroepsgeleenthede nie, as gevolg van die kloof tussen brood en boeke. Om die kloof te oorbrug, beveel die studie in 'n derde stap aan dat literatuuronderrigdoelstellings eksplisiet vertaal moet word tot beroepsvaardighede. Om literatuurdosente te help om doelstellings te formuleer wat begeerlik is op die arbeidsmark, is 'n interaktiewe rekenaarprogram ontwikkel as deel van die studie. Dit is beskikbaar op die internet by http://www.smartt.co.za/wizz/wizz.htm Literatuurdosente kan die kloof ook oorbrug deur studente te bemagtig deur middel van die dialogiese onderrigmetode, soos ontwikkel deur bevrydinspedagoog Paulo Freire. Verder kan dosente die magsverhoudings van die akademie dekonstrueer en as radikale dosent onderrig bied in dissent en diskursiewe vaardighede. Dissent en diskursiewe vaardighede is ook kosbaar op die arbeidsmark, en aktiveer literatuurdosente en -studente se vryheid en verantwoordelikheid om hulle eie subjek nisse te bepaal en etiese plekke in te neem as kritiese en revolusionêre intellektueles.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/10962
    Collections
    • Humanities [2697]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV