NWU Institutional Repository

Subjekvorming deur literatuuronderrig aan universiteite in Suid–Afrika sedert 1994

dc.contributor.advisorViljoen, H.M.
dc.contributor.authorDullaart, Anna Gertruida
dc.contributor.researchID10058931 - Viljoen, Hendrik Marthinus (Supervisor)
dc.date.accessioned2014-07-30T09:53:23Z
dc.date.available2014-07-30T09:53:23Z
dc.date.issued2002
dc.descriptionThesis (Ph.D. (Applied Language and Literary Studies))--Potchefstroom University for Christian Higher Education, 2002en_US
dc.description.abstractHierdie studie ondersoek die beroepsgeleenthede vir literatuurgraduandi in postapartheid Suid-Afrika. Die subjekvorming van literatuurstudente en -dosente word ondersoek deur ideologie-kritiese analises van akademiese en politieke diskoers. Uit die analises blyk 'n kloof tussen die wêreld van werk en die akademiese ivoortoring, tussen brood en boeke. Dit blyk dat diskoers uit die beroepswêreld nie die ivoortoring deurdring en die literêr-akademiese diskoers insemineer nie. Die kloof word toegeskryf aan akademiese magsverhoudings wat subjekvorming reguleer, en aan die ideologiese prosesse waarmee literatore gemarginaliseer word in die "regte wêreld". As 'n eerste stap ondersoek die studie die akademie as 'n kerngesin en pas Luce lrigaray se feministiese psigoanalise toe op die verhouding tussen dosente en studente. Die gevolgtrekking is dat literatuurdosente die ekonomiese potensiaal van literatuurgraduandi uitsluit, om so hulle eie subjek nisse as houers van simboliese kapitaal vol te staan. Subjekvorming is 'n beweging vanaf die (akademiese) kerngesin in die wyer wêreld in. Daarom ondersoek die studie in 'n tweede stap hoe literatuurgraduandi se subjekvorming plaasvind in die drie ideologiese staatsapparate (ISA's) van Althusser (ekonomie, onderwys en politiek). Hieruit spruit insigte oor identiteitsvorming in die spanningsvelde tussen kapitalisme, postkolonialisme, neokolonialisasie en globalisasie. Dit blyk dat literatuurgraduandi goed kan vaar in ruwe nuwe ekonomiese terreine soos ontwikkelingswerk, omgewingsonderwys, kennisbestuur en elektroniese joernalistiek. Hulle is egter nie bewus van hierdie beroepsgeleenthede nie, as gevolg van die kloof tussen brood en boeke. Om die kloof te oorbrug, beveel die studie in 'n derde stap aan dat literatuuronderrigdoelstellings eksplisiet vertaal moet word tot beroepsvaardighede. Om literatuurdosente te help om doelstellings te formuleer wat begeerlik is op die arbeidsmark, is 'n interaktiewe rekenaarprogram ontwikkel as deel van die studie. Dit is beskikbaar op die internet by http://www.smartt.co.za/wizz/wizz.htm Literatuurdosente kan die kloof ook oorbrug deur studente te bemagtig deur middel van die dialogiese onderrigmetode, soos ontwikkel deur bevrydinspedagoog Paulo Freire. Verder kan dosente die magsverhoudings van die akademie dekonstrueer en as radikale dosent onderrig bied in dissent en diskursiewe vaardighede. Dissent en diskursiewe vaardighede is ook kosbaar op die arbeidsmark, en aktiveer literatuurdosente en -studente se vryheid en verantwoordelikheid om hulle eie subjek nisse te bepaal en etiese plekke in te neem as kritiese en revolusionêre intellektueles.en_US
dc.description.thesistypeDoctoralen_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/10962
dc.language.isootheren_US
dc.subjectLiteratuuronderrigen_US
dc.subjectLiteratuur en die arbeidsmark, Suid-Afrikaen_US
dc.subjectSuid-Afrika se beleid vir hoër onderwysen_US
dc.subjectPostapatheid onderwysen_US
dc.subjectldeologiekritiek- Louis Althusseren_US
dc.subjectBevrydingspedagogie - Paulo Freireen_US
dc.subjectAsujetissementen_US
dc.subjectDie radikale dosent - Spivaken_US
dc.subjectFeminisme- Luce lrigarayen_US
dc.titleSubjekvorming deur literatuuronderrig aan universiteite in Suid–Afrika sedert 1994afr
dc.typeThesisen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 5 of 7
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Dullaart_G_TOC.pdf
Size:
101.69 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Table of contents
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Dullaart_G_Section_1.pdf
Size:
315.49 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Section 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Dullaart_G_Section_2.pdf
Size:
927.34 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Section 2
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Dullaart_G_Section_3.pdf
Size:
3.33 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Section 3
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Dullaart_G_Section_4.pdf
Size:
948.94 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Section 4

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.61 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description:

Collections