NWU Institutional Repository

Contree: 1979 No 6

Permanent URI for this collectionhttps://repository.nwu.ac.za/handle/10394/5114

Contents

No. 6, July 1979

Articles

Editorial

With the passage of time numbers of South African rural communities have acquired their own local newspapers, and though many were short lived, some 90 still existed by 1978.

Experts are generally agreed that the research material needed to write the history of a town or region should come mainly from such newspapers, whose intrinsic value lies in the contemporary information they contain. Sometimes the knowledge required cannot be found anywhere else. Reflecting, as they do, an area's wide range of human activities, they announce, for instance, that social, cultural, and religious gatherings important to it are to be held, and report the actual functions; they publish local ordinances, give notice of municipal and provincial elections, and proclaim the results; letters sent to the press make known the inhabitants' reactions to particular local or national issues; advertisements give the market price of essentials and commodities at a specific stage.

It should be remembered, however, that in a local newspaper the views expressed on politics and events are the editor's own, and may reflect his personal preferences. The researcher should therefore, if he is to achieve an objective and comprehensive image of the past, consult as many other sources as possible, since the local newspaper is by no means the only one or even the most reliable.

Used with discretion and balance, the local newspaper undoubtedly can be one of the major sources of information for the student of local and regional history.

C.C. Eloff

Redaksioneel

In talle plattelandse gemeenskappe van Suid-Afrika het plaaslike koerante met verloop van tyd die lig gesien. Terwyl baie van hierdie nuusblaaie reeds opgehou het om te bestaan, het daar in 1978 nog sowat 90 verskyn.

Kenners is dit oor die algemeen eens dat hierdie soort koerante 'n uiters belangrike deel behoort uit te maak van die navorsingsmateriaal wat versamel moet word vir die skrywe van 'n dorps- of streekgeskiedenis. Plaaslike koerante se intrinsieke waarde lê veral daarin dat dit kontemporêre inligting bevat wat dikwels nêrens anders opgespoor kan word nie. In die koerante word die wyd geskakeerde menslike aktiwiteite van 'n dorp of streek weerspieël. Sosiale, kulturele en godsdienstige byeenkomste van belang word in die nuuskolomme aangekondig en verslag oor die funksies self word gelewer; kennisgewings in verband met munisipale en provinsiale regulasies, verkiesings en -uitslae verskyn ook in die koerante; die briewekolomme onthul tewens die standpunte en reaksie van die ingesetenes ten opsigte van sekere plaaslike en nasionale gebeure; in die advertensies word ook 'n duidelike beeld verskaf van die lewensbehoeftes van die inwoners en die heersende pryse van verbruikersware in 'n bepaalde stadium.

Wanneer die plaaslike koerant geraadpleeg word, moet dit egter steeds geskied met inagneming van die feit dat die sienswyses wat daarin uitgespreek word oor politieke aangeleenthede of plaaslike gebeurtenisse, meestal partydig is aangesien dit die redakteur se persoonlike voorkeure verteenwoordig. Derhalwe moet die navorser besef dat die plaaslike koerant nie die enigste en noodwendig betroubaarste bron van inligting is nie; om 'n objektiewe en volledige beeld van die verlede te skep, moet hy ook soveel ander bronne as moontlik bestudeer.

Dit ly egter geen twyfel nie dat die plaaslike koerant, indien dit oordeelkundig en ewewigtig aangewend word, een van die hoofbronne van inligting vir die beoefenaar van die streekgeskiedenis kan wees.

C.C. Eloff

Browse

Search Results