NWU Institutional Repository

Die tydfilosofie van H.G. Stoker en die relevansie daarvan vir die Christelike apologetiek

Loading...
Thumbnail Image

Date

Researcher ID

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

North-West University (South-Africa)

Record Identifier

Abstract

Hierdie studie ondersoek die tydsfilosofie van H.G. Stoker en evalueer die relevansie daarvan vir die Christelike apologetiek. Alhoewel Stoker in sekere opsigte as 'n pionier en meesterbouer van die Calvinistiese wysbegeerte bekend is, het sy insiggewende werk oor tyd ongepubliseerd en grotendeels onontgin gebly. Hierdie navorsing poog om die kernlyne van sy tydsfilosofie te ontleed en die apologetiese waarde daarvan te bepaal met besondere verwysing na die teologiese debat rondom die skeppingsdae in Genesis 1 - 2. Die studie toon dat Stoker se teosentriese benadering wat gegrond is in die radikale Skepper-skepping-onderskeid, 'n samehangende raamwerk bied om tyd in verhouding tot die ewigheid te verstaan. Die identifikasie van verbygaandheid as die primêre tydsvorm waaruit ander tydsvorme (soos duurte en suksessie) voortvloei, is die kern van sy analise. Daarby bied sy ontwikkeling van die verhoudingstriade (absoluut, relatief, relasioneel) 'n vrugbare heuristiese model wat positief vir aspekte in die apologetiek aangewend kan word om die samehang tussen tyd, werklikheid en goddelike soewereiniteit te belig. Hierdie insigte werp betekenisvolle lig op teologiese en hermeneutiese vraagstukke, veral deur Stoker se onderskeid tussen skeppingstyd en ontplooiingstyd wat 'n alternatiewe perspektief bied teenoor die oorheersende interpretasies van die skeppingsdae. Die studie gaan verder as die rekonstruksie van Stoker se denke deur die apologetiese waarde van sy tydsfilosofie vir die verdediging van die koherensie en geloofwaardigheid van die Christelike wêreldbeskouing, te beklemtoon. Met die integrasie van filosofiese analise en skrifeksegese, bied Stoker se raamwerk 'n antwoord teen reduksionistiese tydsopvattings en bevestig dit die openbaringsgrond van tyd in God se ewige raadsplan. Die studie kom tot die gevolgtrekking dat Stoker se tydsfilosofie nie net die sistematiese teologie en Christelike wysbegeerte verryk nie, maar ook die kerk toerus met intellektuele middele om krities én konstruktief met kontemporêre wetenskaplike en filosofiese opvattings oor tyd in gesprek te tree.

Sustainable Development Goals

Description

Thesis (MA-M.A. (Apologetiek)) -- North-West University, Potchefstroom Campus

Citation

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By