The future role of financial intermediaries in the South African commercial paper market
Loading...
Files
Date
Authors
Researcher ID
Supervisors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
North-West University (South Africa)
Record Identifier
Abstract
Handelspapier is 'n onversekerde promesse met 'n vasgsetelde of 'n
swewende vervaldatum. Die uitreiker van handelspapier belowe om die
regmatige houer daarvan 'n sekere bedrag geld, naamlik die sigwaarde van
die wissel op vervaldatum te betaal.
In die Amerikaanse en Europese markte is handelspapier onversekerd. Die
uitreiker verpand geen bates nie maar alleenlik sy vermoe en toekomstige
verdienste wat horn in staat sal stel om sy verpligtinge teenoor die houer op
die vervaldatum te kan nakom.
Die handelspapiermarkte bestaan al sedert die negentiende eeu in die
Vereenigde State van Amerika. Gedurende die periode 1920 tot en met 1960
is die mark deur finansiele instellings oorheers. Die grootste beleggers
gedurende hierdie periode was die Amerikaanse banke.
General Motors Acceptance Corporation was in 1920 die eerste maatskappy
in Amerika wat handelspapier direk uitgereik het aan beleggers sonder om
gebruik te maak van finansiele tussengangers soos banke of makelaars. 'n
Hele aantal bekende Amerikaanse ondememings het General Motors
Acceptance Corporation se voorbeeld gevolg en sodoende was daar
betreklik gou 'n gesonde aanbod van kwaliteit handelspapier.
Die aanvanklike weiering van The Bank of England om sy steun te gee aan
die vorming van 'n Sterling-handelspapiermark was grootliks die rede <lat
handelspapier vir lank 'n Amerikaanse verskynsel gebly het.
Die handelspapiermark in Engeland het eers in Mei 1986 geopen.
Aanvanklik het die Sterling handelspapiermark redelik baie probleme
ondervind met 'n aantal wetlike regulasies en reelings wat die ontwikkeling
van die mark gestrem het.
Wetgewing wat die totstandkoming van die Suid-Afrikaanse
handelspapiermark moontlik gemaak het, is gepromulgeer op
3 Januarie 1992. Regulasies wat die uitreiking van handelspapier in terme
van Die Bank Wet (94/1990) reguleer, word elke Januarie in die
Staatskoerant gepubliseer. Hierdie regulasies bly van krag vir 'n periode van
een jaar totdat nuwe regulasies dan weer uitgevaardig word.
Sustainable Development Goals
Description
MBA, North-West University, Potchefstroom Campus
