NWU Institutional Repository

Eksterne faktore wat die seksueel misbruikte kind verhoed om effektief te getuig in die Suid-Afrikaanse howe: Vlugtige oorsig

Loading...
Thumbnail Image

Date

Researcher ID

Supervisors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

North West University

Record Identifier

Abstract

Seksuele misbruik van kinders is ʼn epidemie wat die hele samelewing nadelig beïnvloed. Die skuldigbevindingskoers van seksuele oortreders is uitsonderlik laag in Suid-Afrika. Dit kan toegeskryf word aan verskeie aspekte, onder andere dat kinders oneffektief getuig in die hof. Daar is verskeie faktore wat kinders verhoed om effektief in die hof te getuig. Die doel van die ondersoek is om binne die Suid-Afrikaanse regstelsel die hofprosedures waarby kinders betrokke is te ondersoek en die faktore te identifiseer wat kinders beïnvloed as hul getuienis lewer. Die faktore is deur middel van ʼn vlugtige oorsig ondersoek. Daar is spesifiek gefokus op eksterne faktore wat verband hou met hofverrigtinge. Daar is gebruik gemaak van verskeie databasisse, naamlik SA Publications, Sabinet, EBSCO-Host, LexisNexis en Juta. Die PRISMA-riglyne is gebruik vir kwaliteitsversekering van die artikels. Die titel sowel as die opsomming van die artikels is gelees om te bepaal hoe toepaslik die data is. Daar was twee navorsers betrokke by die studie: die eerste navorser het die studie geloods en die tweede navorser het kwaliteit verseker. Vanuit die finale agt artikels is daar faktore geïdentifiseer en tematies geanaliseer om die eksterne faktore te bepaal. Die faktore wat identifiseer is, is as volg: Onvoldoende hofvoorbereiding veroorsaak dat kinders minder effektief getuig; behoorlike hofvoorbereiding is dus van groot waarde om doeltreffender getuienis te bekom. Kontak met die vermeende oortreder of die moontlikheid van kontak tydens die hofverrigtinge ontlok buitensporige spanning by die kind as getuie. Die spanning en angs veroorsaak dat kinders minder effektief getuig. Die vertraging van hofverrigtinge hou direk verband met swakker getuienis wat kinders lewer, en dit is ʼn algemene probleem in die Suid-Afrikaanse regstelsel. Daar het in meerderheid van die artikels na vore gekom dat onvoldoende kinderdeelname aan die Suid-Afrikaanse howe toegeskryf kan word aan ʼn gebrek aan voldoende hulpbronne. Dit blyk dat ʼn gebrek aan voldoende ondersteuning vir die gesin en die kind die effektiwiteit van die bewyse beïnvloed. Ouers van kindergetuies alleen kan nie voldoende ondersteuning aan hul kind bied nie, aangesien hulle self nie noodwendig al die antwoorde oor hofverrigtinge het nie en in baie gevalle een van hulle die oortreder is. As gevolg van angs en spanning, word die kwaliteit van die bewyse wat gelewer word beïnvloed, omdat stresvlakke van die getuienisproses kinders se herinnering aan gebeure en hulle geheue beïnvloed. Dit is uiters belangrik om die spanning tot so min as moontlik te verminder. Daar word verwys na sekondêre viktimisering en daar is aangedui dat dit ʼn geweldige invloed het op die kind se vermoë om sinvol aan hofverrigtinge deel te neem. Wat nodig is, is dat personeel wat in en om die hof werk deeglike opleiding moet kry en die nodige bewustheid moet hê om die probleem (iii) voldoende te kan hanteer. Daar word afgesluit met ʼn lys van faktore wat in die Suid-Afrikaanse howe ʼn invloed op kinders se deelname aan die hofproses het. Sodoende word die navorsingsvraag en doel van die studie beantwoord. Alhoewel die bevindings en aanbevelings in die vorm van ʼn artikel geformuleer is, word meer empiriese navorsing benodig om die faktore in diepte te ondersoe

Sustainable Development Goals

Description

Graad Magister in forensiese maatskaplike werk aan die Noordwes-Universiteit

Citation

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By