Blootstelling van plaaswerkers aan geraas, enkele gevaarlike chemiese substansies en ekstreme temperature
Loading...
Date
Authors
Researcher ID
Supervisors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
North-West University
Record Identifier
Abstract
Alhoewel daar ' n groat persentasie van die arbeidsmag betrokke is by landboubedrywighede, is dit die groep werkers in die arbeidsmag wat die minste aandag van navorsing in Suid-Afrika geniet. Die plaaswerker word aan ' n groat verskeidenheid gevare blootgestel en hul relatiewe risiko's ten opsigte van die
res van die bevolking is hoer vir sekere gevare, insluitende respiratoriese siektes, gevaarlike chemiese substansiegekoppelde toestande, gehoorveriies, sekere tipe kanker, dermatitis, klimaatgebaseerde siektetoestande,voortplantingsprobieme, beserings en menige ander toestande. Die doe! van die studie was om die blootstelling aan gevaarlike chemiese substansies as gevolg van die hantering daarvan te bepaal, asook die invloed van geraas en hittestres op plaaswerkers in die Noordwes Provinsie van SuidAfrika. Uit die studie blyk dit dat die prosedures wat tans op plase gevolg word met betrekking tot die hantering, toediening en gebruik van gevaarlike chemiese substansies ontoereikend is en veral dermale biootstelling kom voor. Die geraasblootstellingsvlakke van trekkeroperateurs en werknemers in meulens oorskry die drempelwaarde van 85 dB(A) met 16,8 dB(A) en 1,9 tot 14,8 dB(A) onderskeideiik. As gevolg van lae natbaltemperature is hittestres nie • n groat risiko vir werkers op die plase van die studie uitgevoer is nie. Hittestres kan egter in ander meer vogtige gebiede voorkom. Die werksomstandighede van plaaswerkers kan die lewenskwaliteit van hierdie werkers negatief bernvloed en daadwerkiike, oordeeikundige risikobeheerprogramme moet germplimenteer word om die lot van hierdie werknemers te verbeter.
Sustainable Development Goals
Good Health and Well-being, Decent Work and Economic Growth
Description
Thesis (MSc. (Occupational Physiology))--North-West University, Potchefstroom campus, 2000.
