Bevolkingsdinamika van nematodes onder verbouing van sekere gewasse
Loading...
Date
Authors
Researcher ID
Supervisors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
North-West University (South Africa)
Record Identifier
Abstract
1. Die studie is onderneem om te bepaal of nematodepopulasies in onversteurde
grond met natuurlike plantbedekking, enige veranderings ondergaan wanneer sulke
grond onder verbouing geplaas word en om te bepaal of hierdie veranderings, indien
enige, op sommige of al die voedselverbruikers van die nematodepopulasies van toepassing
is.
2. Die proef is uitgele volgens 'n ewekansige blokontwerp bestaande uit nege
blokke, elk 81 m2 groot, met drie persele elk, gelykop verdeel tussen die drie gewasbehandelings,
te wete mielies, kafferbone en weiveld (kontrole).
3. Die uitwerking van 'n monokultuurstelsel van hierdie gewasbehandelings vanaf
November 1966 tot April 1969 op nematodes is op twee gronddieptes bepaal.
4. Die verhandeling is ingedeel om eers verslag te doen oor die ontwerp en
standaardisering van apparate en tegnieke wat in die proef gebruik is, en daarna is
die bevolkingsdinamika aange bied.
5. Deur middel van 'n omvattende reeks chemiese proewe is vasgestel dat 'n
mengdrom wat teen 0,25 omwentelinge per sekonde vir 120 sekondes geroteer word,
geskik is om 48 grondmonsters, ongeag die voginhoud, doeltreffend te meng.
6. Addisionele proewe met sandleem- sowel as kleigrond is uitgevoer by verskillende
volumes in grondvoginhoude om die mengdrom volledig te standaardiseer.
7. Die Oosterbrink-flottasietegniek III is gekies om nematodes uit grondmonsters
te ekstraheer op grond van 'n evaluasie wat van bestaande ekstraktors gemaak is,
met inagneming van die omstandighede en behoeftes van die proef.
8. Die doeltreff endheid van die gekose ekstraktor is verhoog deur die byvoeging
van 'n 400 maas sif. Die koeffisient van variasie van die geekstraheerde nematodes
is deur die uitbreiding van die sifstel verlaag van 33,8 tot 6,9 persent.
9. Deur 'n evaluasie van die beskikbare monsternemingsapparate te maak, is
vasgestel dat bestaande apparate nie geskik is om 'n minimum van een proefblok,
dit is drie persele, per dag gestratifiseerd te monster nie. 'n Bevredigende
apparaat, die IISR-Viehmeyer, is verkry deur die eienskappe van die IISR- en
Viehmeyer-monsterbore te kombineer.
10. - 'n Plantopname is op die kontrolepersele gemaak, Daarvolgens
behoort 55 persent van die gewasse aan die familie, Gramineae met klitsgras
(Setaria perennis) as die dominante plant.
11. In 'n opname van die plante wat die mielie- en kafferboonpersele buite hul
groeiseisoen sekonder binnedring, is die dominante spesies geiaentifiseer as
Conyza bonariensis, Tagetes minuta, Tragus berteromanus en .Eragrostis-spesies.
12. Deur 'n meganiese analise van die grond met die aanvang en sluiting van die
proef te maak, is gevind dat verbouing die persentasie fyn sanddeeltjies met 4 tot 7
persent verhoog en die persentasie growwe sanddeeltjies met dieselfde persentasie verlaag.
Dit is van toepassing op albei monsterdieptes.
13. Tydens die proef is 'n afname van toeganklike voedingstowwe waargeneem
ondanks 'n aanbevole bemestingsprogram. Hierdie afname was, vreemd genoeg, ook
aanwesig by die kontrolepersele.
14. Tydens die proef is 'n afname in die grond- pH by alle persele waargeneem
na die eerste jaar tot en met die afhandeling van die proef.
15. Die gemiddelde reenval vir die proefarea is 690 mm per jaar oor 'n tydperk
van 29 jaar. Die gemiddelde reenval vir 1966 met die aanvang van die proef is 140 mm
minder as hierdie gemiddelde waarde. Die lae nematodegetalle van 1966/ 1967 is heelwaarskynlik
te wyte aan die abnormale droogtes van 1965. 'n Gemiddelde reenval van
slegs 370 mm is vir die jaar gemeet.
16. Deur middel van grondtermograwe is vasgestel dat die maande met die hoogste
grondtemperature van November tot Februarie/Maart strek. Die laagste temperature is geregistreer
vanaf Junie tot Augustus in 1967 en Mei tot middel Junie 1968. Daar is
waargeneem dat die daaglikse grondtemperature groter amplitudes by die vlakker as
by die dieper grond toon.
17. Die eerste grondmonsters is in Desember 1966 geneem. By elke monsterneming
wat gemiddeld een elke twee maande is, is ewekansig gekose grondmonsters
van ten minste een proefblok geneem. Hierdie monsters het bestaan uit 'n reeks van
48 wat by elk van die kafferboon-, mielie- en kontrolepersele van 'n blok geneem is.
18. Elke monster is gestratifiseerd geskei om twee monsters te lewer wat 'n 0
tot 25 cm en 'n 25 tot 40 cm gronddiepte verteenwoordig.
19. Grondmonsterreekse ( dit is 48 monsters van dieself de perseel, gronddiepte
en monsterdatum) is in die mengdrom gemeng. Na menging is 'n verteenwoordigende
monster getrek en is die nematodes deur die Oosterbrink-flottasielegniek III
geekstraheer.
20. Die identifikasie van nematodes is gevoer tot op genus- of spesievlak. Aile
nematodes is volgens hul voedselhabitat ingedeel onder plantparasiete, swamvoeders,
saprofage/mikrobevoeders of predatore.
21. Agt-en-sewentig, dit is 66 persent, van die bekende Suid-Afrikaanse genera,
is uit die grondmonsters van die proefpersele geekstraheer met 'n totale oppervlakte
van 730m2.
22. Die rykste nematodefauna met uitsondering van die saprofage/mikrobevoeders
is deur die kontrolepersele opgelewer. By die kafferboonpersele is die grootste
verskeidenheid saprofage/mikrobevoeders aangetref.
23. Drie-en-dertig persent van die totale aantal genera wat voorkom, is swamvoeders,
28 persent saprofage/ mikrobevoeders, 20 persent plantparasiete en l 5
persent predatore.
24. Die genera wat met die grootste frekwensie by die swamvoeders vir
al drie behandelings voorkom, is Aphelenchus; by die saprofage/mikrobevoeders
Acrobeles en Chiloplacus by al drie gewasbehandelings; by die plantparasiete is
dit llelicotylenchus en Rotylenehulus -by die mielie- en kontrolepersele en
Criconemella by die kaff erboonpersele; en by die predatore is dit by al drie
gewasbehandelings genera van -die subfamilie Discolaiminae.
25 . Die totale nematodepopulasies toon veral vanaf die tweede plantseisoen
'n vermeerdering in populasiegetalle. Die toename is grater by die mieliepersele
en in 'n mindere mate by die kafferboonpersele as by die kontrole wat albei gronddieptes
betref.
26. Die totale nematodepopulasies by die mieliepersele tydens die derde
plantseisoen in Maart 1969, toon van al die gewasbehandelings die grootste vermeerdering
in getalle. Hierdie vermeerdering is te wyte aan die geweldige toename
in populasiegrootte van 'n enkele plantparasiet, Rotylenchulus parvus.
27. Die dominante voedselverbruikers by al die gewasbehandelings is plantparasiete.
Die grootste plantparasietpopulasies kom voor in Maart- en Oktobermaand van
elke jaar by die mielie- en kontrolepersele.
28. Die onvolwasse of larwale stadia maak by al die voedselverbruikers ten
minste 65 persent van die totale populasies uit. Die plantparasietlarwes wissel
gemiddeld tussen 83 en 88 persent van die plantparasietpopulasies; swamvoeders
tussen 65 en 71 persent van die swamvoederpopulasies en die saprofage/mikrobevoeders
tussen 65 en 78 persent van die saprofage/mikrobevoederpopulasies.
29. Die inter- en intraseisoensfluktuasies van die nematodepopulasies, kan in die
meeste gevalle' terug herlei word na parallelle tluktuasie in die populasies van selfs
net een dominante voedselverbruiker.
30. Die dominante voedselverbruiker van die mieliepersele is Rotylenchulus parvus.
Die populasies van hierdie plantparasiet het gegroei vanaf 45 nematodes in 1966 tot
1 400 nematodes per monster met die af sluiting van die proef. Vanaf Maart 1968
tot Maart 1969 maak R. parvus se getalle tussen 75 en 99 persent uit van al die
plantparasiete by die mieliepersele, wat albei gronddieptes betref.
31 Die grootste populasiepieke van R. parvus kom voor in Maart en Oktober
van elke jaar. Daar is 'n korrelasie tussen grondtemperatuur en die pieke van
R. parvus.
32. llelicotylenchus is die dominante plantparasiet by die kontrolepersele met
R. parvus as die subdominante. llelicotylenchus-populasies vorm pieke wat soos
R. parvus in Maart- en Oktobermaande voorkom. Toestande by die kaff erboonpersele
onderdruk die populasies van llelicotylenchus.
33. Aphelenchus is die dominante swamvoeder by die verboude persele.
34. Chiloplacus is vir die grootste persentasie monsterdatums by kafferboonpersele
die dominante saprofa~g.
35 . Ander belangrike, maar nie dominante genera is: Criconemella wat
deur die verboude gewasse onderdruk is, Meloidogyne wat feitlik net by kafferbone
voorgekom het, Tylenchus en Xiphinema wat net by die kontrole voorgekom het,
Cephalobus by die verboude persele en Acrobeles wat by al drie gewasbehandelings
eweveel voorgekom het.
Sustainable Development Goals
Description
DSc, North-West University, Potchefstroom Campus
