D I E GEMEENSKAPSONTW I KKELINGSTRATEGI E MET BETREKK I NG TOT •N SELFBOUBEHUISINGSKEMA IN TUMAHO L E : •N KR I T IE S E O N TL E D I N G
Loading...
Date
Authors
Researcher ID
Supervisors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
North-West University
Record Identifier
Abstract
Sedert die 1980's kon die Suid-Afrikaanse regering vanwee die hoe bevolkingsaanwas, relatief lae ekonomiese groeikoers en finansiele druk op regeringsbronne nie, soos in die verlede, behuising aan die groterwordende arm deel van die bevolking voorsien nie. Gevolglik is 'n gemeenskapsontwikkelingstrategie met betrekking tot behuising aanvaar, waardeur die agtergeblewe gemeenskappe met behulp van private en regeringsinstansies self 'n bydrae tot die bevrediging van hulle behuisingsbehoeftes kon maak. Daar is voorsien dat groot dele van die agtergeblewe gebiede gekenmerk sou word deur erf-en-diensskemas waarop selfbou en informele strukture deur die eienaars opgerig sou word. Aansluitend hierby kan die devolusie van bevoegdhede na laer owerheidsvlakke genoem word. Devolusie bring besluitneming en uitvoering nader aan diegene wat regstreeks daardeur geraak word en 'n onmiddellike belang daarby het. In hierdie studie selfbouprojek in is daar teen bogenoemde Tumahole (Distrik Parys) agtergrond geanaliseer geevalueer om vas te stel of die projek op 'n en die gemeenskapsontwikkelingsbenadering gebaseer was. Die evaluering het aan die lig gebring dat hierdie projek hoegenaamd nie as 'n gemeenskapsontwikkelingsprojek uitgevoer is nie. Tumahole Plaaslike Owerheid het die projek bloot as 'n regeringsopdrag gesien wat so spoedig moontlik geYmplementeer moes word en nie as 'n geleentheid om die plaaslike gemeenskap se inisiatief te stimuleer ten einde die gemeenskap instaat te stel om self toekomstige ontwikkelingsprojekte aan te pak nie. In hierdie verband word daar tot die gevolgtrekking gekom dat die aanvaarding van 'n nasionale gemeenskapsontwikkelingstrategie nie noodwendig die implementering daarvan in die praktyk beteken nie.
Sustainable Development Goals
No Poverty
Description
Thesis(M.A. (( Political Sciences))-- North-West University, Potchefstroom Campus, 1994.
Keywords
Citation
Venter, Annelise. 1994. D I E GEMEENSKAPSONTW I KKELINGSTRATEGI E MET BETREKK I NG TOT •N SELFBOUBEHUISINGSKEMA IN TUMAHO L E : •N KR I T IE S E O N TL E D I N G.
