NWU Institutional Repository

'n Ekonomiese ontledingsmodel van die Suid-Afrikaanse vervaardigingsektor met spesiale verwysing na die uitkenning van geleenthede vir kleurlingnywerheidsvestiging

Loading...
Thumbnail Image

Date

Researcher ID

Supervisors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

North-West University (South Africa)

Record Identifier

Abstract

Die oogmerk met hierdie studie was om 'n ekonomiese model te ontwikkel van die Suid-Af rikaanse vervaardigingsektor waarvolgens sekere prioriteite uitgeken sou kon word. Binne die raamwerk van die regeringsbeleid word Kleurlingnywerheidsvestiging as 'n belangrike instrument vir die ontwikkeling van die Kleurlingvolk beskou. Vanwee die konsentrasie van Kleurlinge in Wes-Kaapland is dit duidelik dat die bevolkingsgroep 'n sleutelrol kan speel in die ontwikkeling van die gebied. In die literatuurstudie is verskeie metodes ontleed waarvolgens nywerheidsgeleenthede uitgeken kan word. Die unieke omstandighede waarin die Kleurling horn bevind, bemoeilik egter die direkte toepassing van die metodes. 'n Sistematiese metode is vervolgens af gelei waarvolgens die identifisering van geleenthede vir Kleurlingnywerheidsvestiging uitgevoer is aan die hand van 'n ontleding van die nywerheidstatistiek volgens sekere ekonomiese parameters wat in samewerking met 'n paneel van deskundiges opgestel en geweeg is. As eerste deel van die ondersoek is 'n ontleding van die nywerheidstatistiek uitgevoer. Hiervolgens is die skoeiselbedryf uitgewys as die bedryfstak wat die meeste potensiaal vir Kleurlingnywerheidsvestiging bied. Na aanleiding van die tweede deel van die ondersoek, naamlik 'n diepte-ontleding en empiriese veldstudie van die skoeiselvervaardigingsbedryf, is die vervaardiging van gehalte-skoeisel met leerbodele en -sole asook standaardtipe leer- en nie-leerskoeisel vir die voornemende Kleurlingskoeiselondernemer aanbeveel. Vanwee die behoef te aan opgeleide arbeid in die skoeiselbedryf rnoet veral aandag gegee word aan die opleiding van rnannekrag. In die verband word aanbeveel dat daar met die Navorsingsinstituut vir die Leernywerheid geskakel word wat ook besonder nuttige dienste verskaf soos advies ten opsigte van produkbeplanning, fabrieksuitleg en keuse van masjinerie en toerusting. Invoerbeskerming en aanbod, sowel as koste van plaaslike grondstowwe moet deeglik in berekening gebring word by produkbeplanning. Alhoewel sekere potensiele lokaliseringsgebiede vir die vestiging van 'n Kleurlingskoeiselonderneming in die studie uitgewys is behoort die finale keuse van lokaliseringsplek in konsultasie met die Kleurlingontwikkelingskorporasie bepaal te word. Vanwee die Kleurlingontwikkelingskorporasie se uitgebreide ondervinding op die gebied van Kleurlingnywerheidsvestiging word noue skakeling met die Korporasie aanbeveel ten opsigte van aspekte soos finansiering, interne beheer, personeelkeuring, opleiding, bestuur en bemarking.

Sustainable Development Goals

Description

DBA, North-West University, Potchefstroom Campus

Keywords

Citation

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By