Die regulering van koolstofbelasting in Suid-Afrika
| dc.contributor.author | Kruger, Eugene | |
| dc.date.accessioned | 2015-11-27T09:00:45Z | |
| dc.date.available | 2015-11-27T09:00:45Z | |
| dc.date.issued | 2014 | |
| dc.description | LLM (Environmental Law and Governance), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015 | en_US |
| dc.description.abstract | Weerpatrone verander, droogte-geteisterde gebiede oorspoel en reenwoude verdwyn. Hierdie drastiese gebeurtenisse kan toegeskryf word aan klimaatsverandering. lnternasionale ingryping is nodig, maar 'n land kan nie in isolasie sender die ondersteuning en betrokkenheid van elke land ter wereld klimaatsverandering teenwerk nie. Die IPCC (Intergovernmental Panel on Climate Change) is 'n wat ten doel het om die gevolge van klimaatsverandering te probeer minimaliseer. Op internasionale vlak bestaan daar verskeie metodes om kweekhuisgasvrystellings te verminder, byvoorbeeld die Joint Implementation (JI), Clean Development Mechanism (COM), cap-and-trade model en die koolstofbelastingmodel. Die doel van hierdie studie is om vas te stel hoe koolstofbelasting in Suid-Afrika gereguleer word. Die studie fokus op die vermindering van koolstofdioksiedvrystellings (C02) in besonder. Die bespreking word aangevul met 'n bespreking van die Australiese koolstofmodelwetgewing, wat gedurende 2014 teruggetrek is. Die voorgestelde koolstofbelastingmodel in Suid-Afrika is slegs op besprekingsvlak en daar bestaan tans nog geen wetgewing wat C02-vrystelling direk reguleer nie. Daar word tans gepoog om C02-vrystellings te verlaag deur enkele markgebaseerde instrumente soos belastingtoegewings in artikel 12L van die lnkomstebelasting Wet en omgewingsverwante belastingbepalings ingevolge die Doeane en Aksynswet. Hierdie skripsie beklemtoon die noodsaaklikheid van die regulering van C02- vrystellings in Suid-Afrika en maak aanbevelings oor wysigings aan die voorgestelde koolstofbelastingmodel en 'n potensiele koolstofbelastingwet. | en_US |
| dc.description.thesistype | Masters | en_US |
| dc.identifier.uri | http://hdl.handle.net/10394/15347 | |
| dc.language.iso | other | en_US |
| dc.subject | Koolstofbelastingmodelle | en_US |
| dc.subject | Omgewingsbelasting | en_US |
| dc.subject | Suid-Afrikaanse omgewingsreg | en_US |
| dc.subject | Australiese omgewingsreg | en_US |
| dc.title | Die regulering van koolstofbelasting in Suid-Afrika | afr |
| dc.type | Thesis | en_US |
