NWU Institutional Repository

Ses van die een en 'n halfdosyn van die ander? 'n Ondersoek na moontlike vlakke van oorvleueling tussen matriek-Afrikaans en -Engels en die NWU se Akademiese Geletterdheidstoets en -kursusse

dc.contributor.authorVan Dyk, Tobie
dc.contributor.authorTaljard, Marlies
dc.contributor.researchID24779237 - Van Dyk, Tobias Johannes
dc.contributor.researchID11843802 - Taljard, Maria Elizabeth
dc.date.accessioned2017-02-08T10:14:51Z
dc.date.available2017-02-08T10:14:51Z
dc.date.issued2014
dc.descriptionEnter any additional information or requests for the Library here.en_US
dc.description.abstractDie sentrum vir Akademiese en Professionele Taalpraktyk en die universiteitsbestuur van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus ontvang gereeld navrae van studente en ouers oor die verpligte module Akademiese Geletterdheid (AGLA121) wat deur sommige leerders en ouers as 'n duplisering van matriek Huistaal beskou word. Daar word aangevoer dat dié kursus 'n negatiewe impak het op leerders se reeds beperkte studietyd. Daarom word die versoek dikwels gerig dat leerders wat A's of B's vir Afrikaans of Engels Huistaal in matriek gekry het, van die verpligte Toets van Akademiese Geletterdheidsvlakke (TAG), of die Engelse ekwivalent daarvan: die Test of Academic Literacy Levels (TALL), en AGLA121 vrygestel behoort te word. Die doel van hierdie artikel is om te bepaal of bogenoemde persepsie op feite gebaseer is en of die Noordwes-Universiteit (NWU) se Akademiese Geletterdheidskursus inderdaad slegs 'n taalkursus is wat oorvleuel met dit wat reeds op skool onderrig is. Die artikel is hoofsaaklik konseptueel van aard. 'n Ontleding word gemaak van die Curriculum and Assessment Policy Statement (CAPS) Graad 10-12, die konstruk van TAG wat akademiese geletterdheidsvlakke toets en die AGLA121-kursusinhoud om te bepaal in welke mate die inhoude van die matriek Huistaalsillabus ooreenstem met die konstruk van TAG en die kursusinhoude van AGLA121. Uit die studie behoort dit duidelik te wees of daar grootskaalse oorvleueling tussen CAPS aan die een kant en TAG en die AGLA121-module aan die ander kant is en of 'n module in Akademiese Geletterdheid noodsaaklik is vir alle leerders op eerstejaarsvlak, omdat dit fokus op aspekte wat nie deur die skoolsillabus gedek word nie. ABSTRACT: The Centre for Academic and Professional Language Practice (CAPLP) and the university management of the North-West University (NWU) often receive enquiries from students and parents regarding the compulsory module in Academic Literacy (AGLA121), which is regarded by some learners and parents as a duplication of matric Home Language. The claim is then made that this module impacts negatively on learners' limited study time. For this reason many students and parents request that learners who have acquired an A or a B for their matric Home Language, should be exempted from the compulsory Test of Academic Literacy Levels (TALL), and its Afrikaans counterpart: Toets van Akademiese Geletterdheidsvlakke, as well as AGLA121. The purpose of this article is to determine whether these assumptions are based on facts and whether the NWU Academic Literacy course is indeed a language course duplicating what has been taught at school. This article is primarily conceptual in nature. An analysis is made of the Curriculum and Assessment Policy Statement (CAPS) Grades 10-12, the construct of TAG, and the AGLA121 course content to determine to which extent the content of the matric Home Language syllabus matches the construct of TAG and the AGLA121 content. Based on the study there could be an indication of possible duplication between CAPS on the one side, and TAG and AGLA121 on the other side and whether a module in academic literacy is essential for all learners in the first year of study, because it focuses on aspects that are not covered by the school syllabus.en_US
dc.identifier.citationVan Dyk, T. & Taljard, M. 2014. Ses van die een en 'n halfdosyn van die ander? 'n Ondersoek na moontlike vlakke van oorvleueling tussen matriek-Afrikaans en -Engels en die NWU se Akademiese Geletterdheidstoets en -kursusse. Journal for language teaching, 48(2):105-125. [http://dx.doi.org/10.4314/jlt.v48i2.5]en_US
dc.identifier.issn0259-9570
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/20257
dc.identifier.urihttp://dx.doi.org/10.4314/jlt.v48i2.5
dc.language.isootheren_US
dc.publisherSAALTen_US
dc.subjectAkademiese geletterdheiden_US
dc.subjectTaalonderrigen_US
dc.subjectHuistaalen_US
dc.subjectKonstruken_US
dc.subjectUniversiteitskurrikulumen_US
dc.subjectSkoolsillabusen_US
dc.subjectCAPSen_US
dc.subjectAcademic literacyen_US
dc.subjectLanguage teachingen_US
dc.subjectHome languageen_US
dc.subjectConstructen_US
dc.subjectUniversity curriculumen_US
dc.subjectSchool syllabusen_US
dc.titleSes van die een en 'n halfdosyn van die ander? 'n Ondersoek na moontlike vlakke van oorvleueling tussen matriek-Afrikaans en -Engels en die NWU se Akademiese Geletterdheidstoets en -kursusseen_US
dc.typeArticleen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
langt_v48_n2_a6.pdf
Size:
275.67 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.61 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: