'n Tegniese en musikale benadering tot toonleer- en arpeggio-spel
Loading...
Date
Authors
Researcher ID
Supervisors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Record Identifier
Abstract
Die meerderheid tegniese handboeke skenk baie aandag aan toonlere en arpeggio's. Dit beklemtoon die belangrikheid van die onderwerp. Martin (1993:12, 13) gee 'n goeie verklaring hiervoor: "There is nothing more basic to the piano technique than scales. They provide better preparation for piano playing than any other element of technique ... " Verskeie ander outeurs beklemtoon verdere belangrike aspekte daarvan. Du Plessis (1987:5) skryf dat toonlere en arpeggio's, anders as gewone tegniese oefeninge wat slegs die vingers versterk, onontbeerlik is vir die instandhouding en verbetering van vingerbeweeglikheid en -sinkronisasie. Volgens Last (1980:35) en Sandor (1981 :63) is toonleer- en arpeggio-spel nie alleen nodig om tegniese redes nie, maar ook om vertroud te raak met die toonsoorte en akkoordformasies en die standaardvingersettings daarvan. Verder beskou Hofmann (1976:51) toonlere en arpeggio's as belangrik vir die dissipline van die gehoor ten opsigte van toonaarde en intervalle. Alhoewel daar baie oor die onderwerp geskryf is, is gevind dat geen volledige en eenvoudige uiteensettings van die speelmeganismes betrokke by toonleer- en arpeggio-spel behandel word nie. Volgens Neuhaus (1973:82) is dit noodsaaklik om eers presies te weet hoe om 'n kunswerk te skep voordat dit geskep kan word. Daarna moet die musikale doelwit vasgestel word sodat dit die metode van realisering kan bepaal. Hy beskou hierdie totale proses, nie net die laaste stap nie, as tegniek. Hierdie werkstuk steun op Neuhaus se uitgangspunt. Die hoofprobleem wat ondersoek word is dus watter spesifieke speelmeganismes by toonleer- en arpeggio-spel betrokke is.
Sustainable Development Goals
Description
Werkstuk (Hons BMus)--PU vir CHO
